Nol­lis: ‘Dít was Bul­le se bes­te van die jaar’

Beeld - - Front Page - Co­bus Claas­sen

P­re­to­ria. – Daar sal Sa­ter­dag op Lof­tus Vers­feld g’n spra­ke van goeie buur­man­skap wees nie wan­neer SuidA­fri­ka se twee voor­ste Su­per­rug­by­span­ne – die Leeus en die Bul­le – ont­moet.

Die Leeus is op die kruin van die golf en het hul laas­te twee teen­stan­ders in die reeks moei­te­loos af­ge­ran­sel.

Die Bul­le, daar­en­teen, het Sa­ter­dag­aand ge­wys hul­le kan saam met die groot hon­de blaf toe hul­le die S­tor­mers met 17-13 ge­klop het in ’n fel Noord-Suid-der­by.

’n Te­vre­de Nol­lis Ma­rais, die Bul­le se af­rig­ter, het ge­maan dat sy spe­lers hul voe­te op die grond moet hou.

“Die Leeus is ’n on­ge­loof­li­ke span. As ons hul­le wil klop, gaan ons ’n by­na per­fek­te ver­to­ning moet le­wer.

“Die kom­pe­ti­sie maak jou ne­de­rig en ons het al har­de les­se ge­leer. Ons weet hoe goed die Leeus is. As jy nie or­dent­li­ke rug­by teen hul­le speel nie, sal jy 50 pun­te af­staan.”

Die oor­win­ning oor die S­tor­mers gee die Bul­le se self­ver­troue ’n ty­di­ge hup­stoot.

Ma­rais meen dit was sy span se bes­te ver­to­ning nog van­jaar in die reeks.

“Be­slis. Ver­al as jy te­rug­dink aan wat in daar­die eer­ste wed­stryd ge­beur het (die S­tor­mers het die Bul­le met 33-9 op Nu­we­land ver­slaan).

“Daar is jong man­ne in die agt­tal wat van­aand (Sa­ter­dag­aand) sterk na vo­re ge­tree en met groot durf ge­speel het.”

Waar die S­tor­mers die Bul­le in Fe­bru­a­rie in die kon­tak­si­tu­a­sies ge­boe­lie het, het die tuis­span met jong spe­lers soos RG Sny­man en Jannes Kir­sten dié ne­te­li­ge saak reg­ge­stel.

Die be­soe­kers was on­der druk in die skrums en lyn­sta­ne en moes hard werk om oor die voor­deel­lyn te kom.

Ma­rais het ge­sê hul­le het ge­leer uit die te­kort­ko­min­ge wat die Bul­le ge­had het in die af­ge­lo­pe twee ne­der­lae teen die Brum­bies en die Wa­ra­tahs in Aus­tra­lië.

“Ons het in daar­die wed­stry­de goed ver­de­dig, maar ons het steeds toe­ge­laat dat hul­le oor die voor­deel­lyn kom. Die in­ten­si­teit waar­mee die Brum­bies en Wa­ra­tahs ge­speel het, was ’n we­kroep vir ons.

“Ons het daar­na ge­kyk en dit as ’n ge­val­le­stu­die ge­bruik. Die span het baie ge­leer in die twee ne­der­lae in Aus­tra­lië en die plan was om met gro­ter oor­ga­we op te skiet en die S­tor­mers ag­ter die voor­deel­lyn te stuit.”

Hy het lof ge­had vir sy spe­lers se koel­kop­ver­to­ning in ’n druk­ko­kerkrag­me­ting.

“Daar was met tye fou­te op kri­tie­ke tye, maar dit is al baie be­ter. Ons was vroe­ër die sei­soen geneig om fo­kus te ver­loor en het in die be­stek van ’n paar mi­nu­te drieë af­ge­staan.

“Die in­sin­kings is nie meer so groot dat ons mo­men­tum ver­loor nie en daar is goeie vor­de­ring in daar­die op­sig.”

A­dri­aan S­trauss, die Bul­le se kap­tein, is trots op sy span.

“Ons ver­de­di­ging was baie goed en dit was in al die af­de­lings ’n goeie spanpoging. Ons sal Maan­dag te­rug wees by nul wan­neer ons be­gin voor­be­rei vir die Leeus. Dit is be­lang­rik dat ons nie per­spek­tief ver­loor oor die om­vang van die uit­da­ging wat teen hul­le wag nie.”

Fo­to: GALLO IMAGES

In die sak­kie! Tra­vis Is­mai­el (links) lag oop­mond saam met Jes­se K­riel na­dat die Bul­le Sa­ter­dag met die S­tor­mers af­ge­re­ken het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.