6 fa­mi­lies kry saam R84 m.

Ba­sis van ryk­dom en mag is grond, sê Zu­ma

Beeld - - News - Ni­co Gous

Die grond­slag van al­le ryk­dom en mag is ei­en­doms­be­sit, was eer­gis­ter pres. Ja­cob Zu­ma se bood­skap op ’n ge­leent­heid vir die eer­ste grond­ei­sers in die Kru­ger­wild­tuin wat gel­de­li­ke ver­goe­ding kry.

Dit was die eer­ste fase van die skik­king van grondeise deur ge­meen­skap­pe van M­pu­ma­lan­ga en Lim­po­po.

Zu­ma het so­wat 3 000 men­se – die mees­te in geel ANC-T-hem­de – in die S­ku­ku­za-rus­kamp in die wild­tuin toe­ge­spreek.

Die ka­bi­net het in 2008 be­sluit om groe­pe wat van hul grond in die wild­tuin ont­neem is gel­de­lik te ver­goed eer­der as om grond te­rug te gee.

Zu­ma het Alf­red Bi­ti­ni Xu­ma, voor­ma­li­ge ANC-pre­si­dent, se o­pe­nings­re­de op die par­ty se na­si­o­na- le kon­fe­ren­sie in 1994 ge­bruik om die be­lang­rik­heid van grond­be­sit te be­klem­toon.

“Ons put ons be­staan uit die grond. Ons put ons ryk­dom aan mi­ne­ra­le, kos en nood­saak­lik­he­de daar­uit. Ons bou ons hui­se op grond. Son­der grond kan ons nie be­staan nie.”

Grond is ’n fun­da­men­te­le kwes­sie in die stryd om be­vry­ding en grondeise dra by tot die om­me­keer van die a­part­heidsna­la­ten­skap, het hy ge­sê.

“Hoe­wel die Kru­ger­wild­tuin as ’n be­wa­rings­vlag­skip be­skou word, is sy skat­kis ook ’n kol­lek­tie­we ge­heue, kul­tuur en tra­di­sie vir dié wat ont­ei­en is.”

Die eer­ste fase van die grondeise is die gel­de­li­ke ver­goe­ding. In die t­wee­de fase word ske­mas be­oog om die om­ge­wing waar die ei­sers nou woon te ont­wik­kel.

In die 2015-’16-boek­jaar is ses grondeise ver­werk wat so­wat 318 000 ha en 813 huis­hou­dings in Lim­po­po en M­pu­ma­lan­ga raak.

Die ses fa­mi­lies wat eer­gis­ter by die ge­leent­heid was, gaan saam so­wat R84 mil­joen kry. Dit is wat die mark­waar­de van die grond son­der ver­be­te­rings daar­op van­dag sou wees.

Net groe­pe wat ná 19 Ju­nie 1913 van hul grond ont­neem is, kon grondeise in­dien.

17 ei­se op wild­tuin­grond is in­ge­dien.

Gu­gi­le N­kwin­ti, mi­nis­ter van lan­de­li­ke ont­wik­ke­ling en grond­her­vor­ming, Ed­na Mo­le­wa, mi­nis­ter van om­ge­wing­sa­ke, en Fun­di­si­le M­ke­te­ni, uit­voe­ren­de hoof van San­par­ke, het die ge­leent­heid eer­gis­ter by­ge­woon.

Voor­heen is die Ma­ku­le­ke-stam ver­goed vir grond waar die Pa­fu­ri­kamp in die groot­ste pri­va­te kon­ses­sie­ge­bied van so­wat 24 000 ha in die wild­tuin is. Die stam is in 1969 van die grond ver­wy­der. In 1998 is die ge­bied wet­tig aan hul­le te­rug­ge­gee, maar dit is steeds on­der die wild­tuin se be­heer.

Die ses fa­mi­lies wat nou gel­de­li­ke ver­goe­ding gaan kry, is:

) Die 116 huis­hou­dings van die Mhlan­ga­nis­we­ni-ge­meen­skap en Si­buyi-fa­mi­lie van M­pu­ma­lan­ga. Hul­le kry R12,869 mil­joen vir 49 060 ha.

) Die 191 huis­hou­dings van die Ma­ha­si-ge­meen­skap van M­pu­ma­lan­ga. Hul­le kry R21,190 mil­joen vir 14 924 ha.

) Die 191 huis­hou­dings van die Mat­he­bu­la (N­gi­ri­va­ni)-ge­meen­skap van M­pu­ma­lan­ga. Hul­le kry R15,088 mil­joen vir 61 100 ha.

) Die 135 huis­hou­dings van die Ma­don­si-ge­meen­skap van Lim­po­po. Hul­le kry R14,977 mil­joen vir 79 702 ha.

) Die 128 huis­hou­dings van die Muy­exe-ge­meen­skap van Lim­po­po. Hul­le kry R14,201 mil­joen vir 64 148 ha.

) Die 52 huis­hou­dings van die N­din­da­ni-ge­meen­skap van Lim­po­po. Hul­le kry R5,769 mil­joen vir 49 813 ha.

Fo­to: THEANA BREUGEM

Ma­ge­zi Wil­son C­hau­ke van die Ma­don­si­ge­meen­skap ont­vang eer­gis­ter die tjek vir ’n grond­eis van pres. Ja­cob Zu­ma in die S­ku­ku­za­rus­kamp in die Kru­ger­wild­tuin.

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.