‘Gord­han sê g’n kan­sel­leer kon­trak’

Beeld - - News - – News24

Mi­cha­el Ma­su­tha, mi­nis­ter van jus­ti­sie en kor­rek­tie­we diens­te, het ont­ken dat Pra­vin Gord­han, mi­nis­ter van fi­nan­sies, hom op­drag ge­gee het om ’n mul­ti­mil­joen­rand-kon­trak vir ’n ANC-be­guns­tig­de te kan­sel­leer.

“Dit is ont­moe­di­gend en ef­fens neer­bui­gend dat aan­ty­gings ge­maak word dat ’n mi­nis­ter ge­vra kan word of kan be­veel dat ’n kon­trak on­der sy ad­mi­nis­tra­sie ge­kan­sel­leer word,” het Mt­hun­zi M­ha­ga, Ma­su­tha se woord­voer­der, eer­gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê.

News24 het vroe­ër be­rig dat Gor- dhan Ma­su­tha glo skrif­te­lik ge­vra het om ’n IT-kon­trak van R378 mil­joen met In­te­gri­tron In­te­gra­ted So­lu­ti­ons (IIS) te kan­sel­leer. Hy het hom glo ook ge­vra om be­per­kings te plaas op ver­wan­te maat­skap­pye wat met die staat sa­ke doen.

Ma­su­tha sê Gord­han het sy kom­mer in die brief uit­ge­spreek, maar hy is nie op­drag ge­gee om die kon­trak te kan­sel­leer nie. Dit het net raad ge­gee, het M­ha­ga ge­sê.

In die brief ge­da­teer 11 A­pril het Gord­han ge­skryf die na­si­o­na­le te­sou­rie het sy on­der­soek na die bod- pro­ses af­ge­han­del om te be­paal of die de­par­te­ment van kor­rek­tie­we diens­te vol­doen het aan die wet­ge- wing oor ver­kry­gings­be­stuur.

Gord­han het glo ge­sê IIS is on­reg­ma­tig aan­ge­stel.

M­ha­ga sê Ma­su­tha het ge­re­a­geer op Gord­han se brief en ge­sê die ou­di­teur-ge­ne­raal het die ver­kry­gings­pro­ses ge­ou­dit en dat dit voor­ty­dig sal wees om stap­pe te doen.

In A­pril het News24 be­kend ge­maak dat IIS deel is van SA Se­cu­ri­ty So­lu­ti­ons and Techno­lo­gies (Sas­stec), wat deur staats­ten­ders be­voor­deel is. Sas­stec het die hof be­gin Mei oor die ten­der ge­na­der.

Clau­dio Bol­lo, Sas­stec se pro­ku­reur, sê die saak is van die drin­gen­de hof­rol ge­skrap, maar is op die ge­wo­ne hof­rol.

Ma­su­tha

Gord­han

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.