Mi­nis­ters­hulp aan uit­lan­der ‘was reg­te ding’

Beeld - - News - Ja­net He­ard

Kaap­stad. – No­si­vi­we Ma­pi­sa-N­qa­ku­la, mi­nis­ter van ver­de­di­ging, het geen be­rou oor haar be­sluit om ’n jong Bu­run­de­se vrou te help om Suid-A­fri­ka aan boord van ’n staats­vlieg­tuig bin­ne te kom nie.

“Dit was die reg­te ding om te doen,” meen sy.

Die mi­nis­ter meen sy het die vrou van ’n le­we van mis­han­de­ling ge­red.

Die DA be­skul­dig haar daar­van dat sy staats­hulp­bron­ne mis­bruik en die Wet op Im­mi­gra­sie ver­ont­ag­saam het. Ko­bus Ma­rais, die DA se woord­voer­der oor ver­de­di­ging, eis ook dat sy aan die par­le­ment ver­ant­woor­ding doen.

Vo­lens Sun­day Ti­mes het die mi­nis­ter ’n fa­mi­lie­vriend, Mi­che­le We­ge, twee jaar ge­le­de van die De­mo­kra­tie­se Re­pu­bliek van die Kon­go “in­ge­smok­kel” met vals reis­do­ku­men­te, wat na be­we­ring deur die mi­nis­ter se sus­ter ge­re­ël is. Dié het des­tyds in die Bu­run­de­se am­bas­sa­de ge­werk.

Ma­pi­sa-N­qa­ku­la het Sun­day Ti­mes gis­ter in ’n om­vat­ten­de ver­kla­ring be­skul­dig van die “ver­draai­ing van fei­te”. Sy be­hou die reg voor om stap­pe te doen, het sy ge­sê.

Vol­gens haar woon die 20-ja­ri­ge “Mi­mi” nou by haar en haar ge­sin en is sy in­ge­skryf by ’n kol­le­ge in Suid-A­fri­ka.

Die mi­nis­ter se kin­ders en “Mi­mi” het glo be­vriend ge­raak op va- kan­sie­be­soe­ke aan Bu­run­di in 2013 en 2014.

We­ge was ge­noop om haar huis te ver­laat om weg te kom van mis­han­de­ling deur haar pa. Die Ver­e­nig­de Na­sies se a­gent­skap vir men­se­reg­te het aan­be­veel dat sy toe­gang tot die DRK pro­beer kry.

Ma­pi­sa-N­qa­ku­la het be­trok­ke ge­raak deur aan die Suid-A­fri­kaan­se am­bas­sa­de in die DRK te skryf en te vra dat hul­le We­ge help om ’n SuidA­fri­kaan­se vi­sum te kry om­dat dit “’n klas­sie­ke ge­val van vlug­te­ling­by­stand en -be­sker­ming” is.

Die mi­nis­ter het ont­ken dat We­ge Suid-A­fri­ka met ’n vals pas­poort bin­ne­ge­kom het of dat sy (die mi­nis­ter) spe­si­aal ’n be­soek aan die DRK ge­re­ël het om We­ge te gaan haal.

“Ek was ver­on­der­stel om vir amp­te­li­ke sa­ke (daar­heen) te reis,” het Ma­pi­sa-N­qa­ku­la ge­sê. Daar­om het sy ge­re­ël om We­ge op te laai op pad na ’n be­raad van die A­fri­ka-U­nie in Ad­dis A­be­ba.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.