‘Sal­wing ver­se­ker 3de ter­myn vir Zu­ma’

Beeld - - News -

Dur­ban. – Zu­ma se “sal­wing” het reeds vir hom ’n der­de ter­myn ver­se­ker, het ’n gods­diens­lei­er gis­ter op ’n na­si­o­na­le bid­dag­by­een­koms aan pres. Ja­cob Zu­ma ge­sê.

So­wat 20 000 men­se het in die Kings­park-s­ta­di­on by­een­ge­kom om vir ’n vreed­sa­me mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing en die be­ëin­di­ging van die droog­te in die pro­vin­sie te bid.

Prof. Caesar Nongqunga het vir die pre­si­dent ge­bid en ge­sê God ken hom van voor sy ge­boor­te af.

“Hul­le (Zu­ma se kri­ti­ci) was daar voor­dat jy pre­si­dent ge­word het en hul­le is steeds daar, maar God se werk sal voort­gaan en die doel waar­voor God jou ge­salf het, sal tot ver­vul­ling kom, of men­se daar­van hou of nie.

“Dit is nie die ein­de nie. Jy is vir dié werk be­stem.”

Nongqunga het aan Zu­ma ge­sê dat God en sy voor­va­ders hom lief­het.

“Hul­le glim­lag oor jou. Ons is hier vir jou. Die ver­kie­sing is voor die deur en ons gaan stem en die men­se gaan hul stem dik maak.”

Voor­dat Nongqunga die po­di­um be­styg het, het Zu­ma Suid-A­fri­ka­ners ge­vra om vir vre­de te bid.

In ’n ver­bloem­de aan­val op die EFF het Zu­ma par­tye ver­oor­deel wat die land pro­beer de­sta­bi­li­seer deur “boe­we­ry en mis­da­dig­heid”.

“Ons moet geen par­ty ver­dra wat ons na a­part­heid wil te­rug­neem om hul eie po­li­tie­ke a­gen­das te be­vor­der nie . . . Laat ons ons oë toe­maak vir hul­le wat ge­weld be­vor­der,” het hy ge­sê.

Zu­ma het ge­sê toe die re­ge­ren­de par­ty in 1994 aan die be­wind ge­kom het, het die par­ty hom tot vre­de en een­heid ver­bind.

“Ons vra dat al­le ge­meen­skap­pe bid dat vre­de in ons land nie ge­de­sta­bi­li­seer word nie.”

Hy het die ge­weld in die par­le­ment ver­oor­deel en ge­sê die par­le­ment was al­tyd die mees ge­re­spek­teer­de in­stel­ling in die land, maar dat dit nie meer die ge­val is nie.

Zu­ma het Suid-A­fri­ka­ners ge­vra om vir u­bun­tu, lief­de en re­spek vir me­kaar te bid.

“Re­spek is die gom wat fa­mi­lies, or­ga­ni­sa­sies en ge­meen­skap­pe by­me­kaar­hou,” het hy ge­sê.

Hoe­wel die ge­leent­heid ’n re­ge­rings­i­ni­si­a­tief was, het baie men­se ANC-T-hem­de aan­ge­had en op­po­si­sie­par­tye was oog­lo­pend af­we­sig.

God se werk sal voort­gaan en die doel waar­voor God jou ge­salf het, sal tot ver­vul­ling kom, of men­se daar­van hou of nie. — PROF. CAESAR NONGQUNGA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.