Krok in Kru­ger ‘ver­loor jag­slag’

Beeld - - News - Buks Vil­joen

Die reu­se-kro­ko­dil wat hom in die dam­me­tjie by die S­we­ni-uit­kyk­punt in die wild­tuin tuis­ge­maak het, het b­lyk­baar sy slag as jag­ter ver­loor.

So sê T­re­vor Bar­nett van Gau­teng wat vir die t­wee­de keer die rep­tiel se mis­luk­te kos­vang­ses­sie op film vas­ge­lê het.

Beeld het ver­le­de week ’n spog­fo­to ge­pu­bli­seer wat Bar- nett by ’n an­der ge­leent­heid by die­self­de wa­ter­gat ge­neem het.

En­ke­le dae la­ter het hy weer by die wa­ter­gat gaan wag.

“Ek kom ver­skrik­lik baie in die wild­tuin en is ver­sot op fo­to­gra­fie. Ek kan ure lank op een plek wag om­dat ek weet die na­tuur stel nie te­leur nie,” sê hy oor sy jong­ste reeks fo­to’s.

Die trop­pie rooi­bok­ke het by die wa­ter­gat kom suip. Die S­we­ni-uit­kyk­punt is op die S37- pad in die Kru­ger­wild­tuin en na­by die N’wanet­si-piek­niek­plek.

Die kro­ko­dil het so­wat 3 m van hul­le on­der die wa­ter ge­wag. Net sy neus en oë was sig- baar.

Hy het so sta­dig na­der be­weeg dat die rooi­bok­ke hom nie eens ge­sien het nie, sê Bar­nett.

Skie­lik het hy deur die wa­ter­vlak ge­bars en die rooi­bok­ooi waar­na hy ge­mik het met mil­li­me­ters ge­mis.

Die trop het ver­wil­derd die bos­se in­ge­vlug. “Jy kon am­per die kro­ko­dil se ver­leent­heid oor sy ver­speel­de kans op sy ge­sig sien.”

Bar­nett sê hy ken die kro­ko­dil al am­per by die naam om­dat hy die e­nig­ste reus­ag­ti­ge rep­tiel in die dam is. “S­we­ni is een van my guns­te­ling-plek­ke in die wild­tuin en die an­der kro­ko­dil­le is nog nie naas­ten­by so groot nie. Dalk ver­loor die oue sy slag.”

’n Reu­se­kro­ko­dil wat hom­self in die dam by die S­we­ni­uit­kyk­punt in die Kru­ger­wild­tuin tuis­ge­maak het, pro­beer ver­geefs ’n rooi­bok vang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.