Suur só uit wa­ter ge­haal

‘Teen 2020 sal dit weer drink­baar wees’

Beeld - - News - E­li­se Tem­pel­hoff

As die de­par­te­ment van wa­ter en sa­ni­ta­sie nie vyf jaar ge­le­de in­ge­gryp het om op­los­sings te pro­beer vind vir die suur myn­wa­ter aan die Wit­wa­ters­rand nie, kon e­ko­no­mie­se groei in die hart­land van Gau­teng tot stil­stand ge­kom het.

Dít was Nom­vu­la Mo­ko­ny­a­ne, mi­nis­ter van wa­ter en sa­ni­ta­sie, se bood­skap toe sy ver­le­de week aan­ge­kon­dig het dat die re­ge­ring be­sluit het om tri­os­mo­se­teg­no­lo­gie vir suur myn­wa­ter aan die Wes- en die Oos-Rand en in die sen­tra­le kom (by Boks­burg) te ge­bruik pleks van om net kalk daar­by te gooi.

Gau­teng kry so­doen­de ’n heel nu­we wa­ter­bron.

Mo­ko­ny­a­ne sê teen 2020 sal die suur myn­wa­ter al in so ’n ma­te ge­sui­wer wees dat dit ge­drink sal kan word.

Mond­li Gun­gu­be­le, uit­voe­ren­de bur­ge­mees­ter van E­kur- hu­le­ni, het ver­le­de week ge­sê suur myn­wa­ter het ge­dreig om die he­le Wit­wa­ters­rand te ver­swelg. Nou is daar hoop dat die wa­ter­bron tot so ’n ma­te ge­sui­wer sal word dat dit vir e­ko­no­mie­se groei ge­bruik sal kan word.

’n Om­ge­wings­kri­sis het aan die Wes-Rand ont­staan toe suur myn­wa­ter in 2002 by ’n ver­la­te skag be­gin uit­bor­rel het, sê Mo­ko­ny­a­ne. Die be­soe­del­de myn­wa­ter het ook in vleie en fon­tei­ne be­gin uit­bor­rel.

Tot 30 me­ga­li­ter suur myn­wa­ter wat by die skag uit­ge­bor­rel het, is la­ter na ’n dam ge­pomp waar ton­ne kalk by­ge­voeg is om die pH-vlak op te stoot. Dit is toe na die T­weel­o­pie­spruit, in die op­vangs­ge­bied van die Hart­bees­poort­dam, ge­pomp.

Vol­gens Mo­ko­ny­a­ne sal die aan­leg­te met die tri-os­mo­se­teg­no­lo­gie tus­sen R10 mil­jard en R12 mil­jard kos. Hier­van sal 33% van die be­las­ting­be­ta­ler ver­haal word.

Ma­riet­te Lief­ferink, di­rek­teur van die Fe­de­ra­sie vir ’n Vol­hou­ba­re Om­ge­wing, sê die pro­ses wat die de­par­te­ment tot dus­ver aan die Wes-Rand ge­volg het, funk­si­o­neer net ge- deel­te­lik.

“Suur myn­wa­ter loop nog spo­ra­dies by die ou skag, vleie en fon­tei­ne uit. ’n Drin­gen­de op­los­sing sal hier­voor ge­vind moet word. Die bron­ne sal ge­re­ha­bi­li­teer word om­dat swaar­me­ta­le daar­in vas­ge­vang is. Van die swaar­me­ta­le is nou weens die by­voe­ging van kalk in ’n op­los­ba­re vorm.”

Vol­gens Lief­ferink sal die wa­ter “hon­der­de ja­re” ge­pomp en be­han­del moet word.

Die op­los­sing wat die re­ge­ring nou het vir die Wit­wa­ters­rand sal baie gou ook in die M­pu­ma­lan­ga-steen­kool­veld toe­ge­pas moet word, sê sy.

“Wie gaan vir die be­han­de­ling van die suur myn­wa­ter in M­pu­ma­lan­ga be­taal – die vol­gen­de ge­slag?” vra Lief­ferink.

) Kun­di­ges sê die pro­bleem met suur myn­wa­ter aan die Wit­wa­ters­rand is die ge­volg van goud­myn­bou in die wa­ter­bron (op­vangs­ge­bied van groot ri­vie­re in do­lo­mi­tie­se kom­me).

In die meer as 100 jaar dat goud ge­myn is, het die re­ge­ring maat­skap­pye ge­sub­si­di­eer om die wa­ter uit te pomp. Met die koms van die nu­we re­ge­ring het die sub­si­dies op­ge­droog. ERPM in Ger­mis­ton was die eer­ste myn wat sy deu­re ge­sluit het. Daar­na het nog my­ne ge­volg.

Wa­ter stoot nou in die oop­ge­boor­de myn­ton­nels op en kom met ys­ter­pi­riet in aan­ra­king. So­dra dié be­soe­del­de wa­ter in die at­mos­feer met suur­stof in aan­ra­king kom, vind che­mie­se pro­ses­se plaas wat suur myn­wa­ter vorm. Dit is ska­de­lik vir die om­ge­wing, men­se en die­re.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.