Hy pak Com­ra­des vir bom se slag­of­fers

Beeld - - News - Sa­rel van der Walt

Die Wor­ces­ter-bom­plan­ter, S­te­faans Coet­zee, hard­loop Son­dag in die Com­ra­des-ul­tra­ma­ra­thon tus­sen Pie­ter­ma­ritz­burg en Dur­ban ter na­ge­dag­te­nis van die slag­of­fers van sy daad.

Coet­zee, ’n oud­lid van die A­fri­ka­ner Weer­stands­be­we­ging (AWB), was net 17 jaar oud toe hy, C­lif­fie Bar­nard en Ko­per My­burg op 24 De­sem­ber 1996 vier bom­me by die S­hop­ri­te­win­kel­sen­trum in Wor­ces­ter ge­plant het.

Net twee bom­me het ont­plof, maar vier men­se is dood en 67 be­seer. La­ter is nog twee aan hul be­se­rings dood.

Coet­zee, wat in Ju­lie 2015 ná 19 jaar in die tronk vry­ge­laat is, het diep be­rou oor sy aan­deel aan dié tra­ge­die en het die slag­of­fers om ver­gif­nis ge­vra.

Hy sal op Com­ra­des-dag die ge­tal 67 op sy een arm skryf. Op sy hard­loop­skoe­ne sal twee By­bel­ver­se pryk – Fi­lip­pen­se 4:13: “Ek is tot al­les in staat deur Chris­tus wat my krag gee”, en Je­sa­ja 40:31: “Maar die wat op die He­re wag, kry nu­we krag; hul­le vaar op met vleu­els soos die a­ren­de; hul­le hard­loop en word nie moeg nie, hul­le wan­del en word nie mat nie.”

Hy sê woor­de kan nie die be­proe­wing be­skryf waar­deur hy el­ke dag gaan nie.

“Ek het men­se dood­ge­maak en het nie die geld om my slag­of­fers te ver­goed nie.

“Deur hard­loop en met die hulp van God het ek my le­we ver­an­der. Daar­om dink ek daar kan nie ’n be­ter ma­nier wees om aan my slag­of­fers hul­de te bring as om aan die Com­ra­des deel te neem nie,” het Coet­zee lui­dens ’n ver­kla­ring van die Ned­bank-at­le­tiek­klub ge­sê.

Hy sal in die klub se kleure hard­loop.

Nick Be­ster, ’n voor­ma­li­ge Com­ra­des-kam­pi­oen, ne­ge­ma­li­ge gou­e­me­dal­je­wen­ner en nou be­stuur­der van die Ned­bank-klub, het ’n groot rol ge­speel om Coet­zee ’n paar jaar ge­le­de in die Sen­traal-ge­van­ge­nis in P­re­to­ria te help om te be­gin hard­loop.

Be­ster lei ’n hard­loop-re­ha­bi­li­ta­sie­pro­gram in tron­ke.

Coet­zee het as kind ge­droom om een­dag aan die Com­ra­des deel te neem. At­le­te soos Be­ster en Bru­ce For­dy­ce, die ne­ge­ma­li­ge Com­ra­des-wen­ner, was sy hel­de.

Hy het op ’n trapmeul in die tronk be­gin hard­loop en met Be­ster se hulp selfs die Ci­ty-toCi­ty-wed­loop oor 50 km op die trapmeul “ge­hard­loop”.

Coet­zee, wat nou vir die lief­da­dig­heids­or­ga­ni­sa­sie Feed a C­hild werk, het vroe­ër van­jaar met die Om die Dam-wed­loop oor 50 km vir die eer­ste keer aan ’n ul­tra­wed­loop deel­ge­neem ter voor­be­rei­ding van Son­dag se Com­ra­des.

Sy groot doel is om die wed­loop te vol­tooi, al is dit in 11 uur en 59 mi­nu­te.

Die so­wat 15 000 deel­ne­mers aan die wed­loop het 12 uur tyd om die wed­loop oor so­wat 89 km te vol­tooi.

Fo­to: CORNÉL VAN HEERDEN

S­te­faans Coet­zee het in 1996 vier bom­me in Wor­ces­ter help plant.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.