‘7de Laan’­ak­tri­se mik nou na ra­dio

Beeld - - News - C­har­lea Sie­ber­ha­gen

Sy was lan­ger as twee jaar 7de Laan se Na­dia. Nou hoop die ak­tri­se Si­moné Nort­mann om bin­ne­kort ook ag­ter die mi­kro­foon in te skuif.

Nort­mann, wat be­sig is met die ver­fil­ming van ’n nu­we A­fri­kaan­se rol­prent, pro­beer tyd maak om by die P­re­to­ri­a­se ra­di­o­sta­sie Groot­FM uit te kom om meer te leer oor hoe din­ge werk.

“Ek het be­gin van­jaar stem­toet­se gaan doen, want ek het ge­hoor hul­le het in­staan-om­roe­pers no­dig,” sê Nort- mann. “Ek is toe ge­keur en het in Fe­bru­a­rie daar be­gin werk­ska­du.”

Haar ra­di­oplan­ne is vir ’n ruk­kie uit­ge­stel so­dat sy aan die kykNET-ko­me­die Ho­tel kon be­gin werk. Sy hoop om oor ’n paar maan­de laat­aand­pro­gram­me aan te bied.

“Ek pro­beer el­ke nou en dan op ’n Sa­ter­dag in­gaan so­dat ek nie dit wat ek reeds ge­leer het, af­leer nie.”

Die be­lang­stel­ling in ra­dio is nuut.

“Ek het nog al­tyd ge­dink dit moet baie moei­lik wees om so op die spot goed uit te dink. Maar dit het eint­lik meer na­tuur­lik ge­kom. Dit is eint­lik per­fek as ’n mens ’n in­tro­vert is, want jy praat met ’n groot klomp men­se, maar jy sien hul­le nie.”

Sy hoop om ná die ver­fil­ming van die fliek Vir die vo­ëls haar op­lei­ding te her- vat.

“Ek het be­sef ra­dio is baie in­ge­wik­kel­der as wat men­se dink!”

Si­moné Nort­mann

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.