Fees in Potch bly Aard­klop

Beeld - - News -

Die Pot­chef­stroom-kuns­te­fees sal wel Aard­klop heet.

Die Aard­klop-stig­ting het in­ge­stem dat die groep be­lang­heb­ben­des wat ná die on­lang­se dood van Aard­klop ’n kuns­te­fees in Pot­chef­stroom wou voort­sit, die han­dels­naam kan ge­bruik.

Adv. Lou­i­se Bar­ret­to, voor­sit­ter van die stig­ting, en Ja­pie Gouws, woord­voer­der van die nu­we Pot­chef­stroom-kuns­te­fees, het lui­dens ’n ver­kla­ring van die fees­or­ga­ni­seer­ders ge­sê hul­le het die laas­te paar we­ke ver­skeie ge­sprek­ke ge­voer oor die moont­lik­heid dat die han­dels­naam oor­ge­dra word.

Gouws het in die ver­kla­ring ge­sê al­le regs- en teg­nie­se pro­ses­se daar­voor sal so gou moont­lik af­ge­han­del word.

Hy het be­ves­tig dat die Aard­klop-naam reeds vir die fees in Ok­to­ber ge­bruik sal word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.