Stap sorg vir an­der se kuns­be­ne

Beeld - - News - Tar­ren­Lee Ha­bel­gaarn

Paul S­teyn (28) het meer as 4 000 km af­ge­lê van­dat hy in Au­gus­tus met sy wa­en­tjie, waar­in hy wa­ter, ’n tent en sy kle­re hou, uit Kaap­stad be­gin voet­slaan het om geld in te sa­mel vir jong men­se wat kuns­be­ne be­no­dig.

Woens­dag, am­per 300 dae la­ter, het S­teyn, wat self ’n kuns­been het, in Gau­teng aan­ge­kom.

Hy het al die Wes-Kaap, K­waZu­lu-Na­tal, die Oos-Kaap, M­pu­ma­lan­ga, Lim­po­po en die Vrystaat plat­ge­loop en wil op 1 Ok­to­ber te­rug in die WesKaap wees.

Ses jong men­se is al deur sy lief­da­dig­heids­or­ga­ni­sa­sie ge­help met fi­nan­sie­ring vir kuns­be­ne dank­sy sy vo­ri­ge stap­pro­jek­te.

Die jong­ste pro­jek, oor 7 000 km, is die lang­ste wat hy tot nog toe ge­pak het en het tot dus­ver reeds twee tie­ners ge- help – ’n Gau­teng­se mei­sie van 14 jaar oud en ’n 16-ja­ri­ge seun van Port Alf­red.

S­teyn het sy been as skool­seun ver­loor toe hy on­der ’n trek­ker be­land het.

“Ek het ge­dink my le­we is ver­by en ek het niks meer om na uit te sien nie. Die on­ge­luk het ’n dag voor die in­ter­sko­le­sport plaas­ge­vind en ek het ge- weet ek sou nooit weer rug­by kan speel nie,” ver­tel hy.

“Dit het ja­re ge­neem voor­dat ek ’n kuns­been kon kry, want my ou­ers kon dit nie be­kos­tig nie en die me­die­se fonds het dit as ’n luxu­ry ge­sien.”

In 2013 het hy die Paul S­teyn-stig­ting be­gin en ver­skeie af­stan­de in die Wes-Kaap ge­pak.

Met sy stap­pro­jek­te word geld in­ge­sa­mel by bor­ge so­wel as men­se wat per SMS geld skenk aan sy or­ga­ni­sa­sie.

Men­se kan op die web­werf ’n maan­de­lik­se de­biet­or­der van R50 of R100 re­ël.

“Ek het be­sluit ek wil ’n ver­skil maak aan jong men­se se le­we en vir hul­le wys dat jy e­nig­iets kan doen. Ek skenk ook spe­si­fiek die kuns­be­ne aan jong men­se, want hul­le het nog hul he­le le­we voor hul­le. Om te kan loop kan ’n groot ver­skil maak,” sê hy.

Hy is al am­per dood weens hit­te.

“Die warm toe­stan­de was erg, ver­al in die Vrystaat, maar die He­re stap saam met my en my ge­loof is sterk. Som­mi­ge tye raak dit baie een­saam en ek wou al baie keer op­ge­gee het, maar dan ont­hou ek hoe­kom ek dit doen.”

) Vir meer in­lig­ting be­soek www.paul­steyn­foun­da­ti­on.org.za.

Fo­to’s: LISA HNATOWICZ

Paul S­teyn het am­per 300 dae ge­le­de uit Kaap­stad be­gin stap om geld in te sa­mel vir kuns­be­ne vir jong men­se en het Woens­dag in Gau­teng aan­ge­kom.

S­teyn stap deur die Vrystaat op sy stap­tog om geld in te sa­mel om kuns­be­ne vir jong men­se aan te skaf. Sy jong­ste stap­tog het so­wat 300 dae ge­le­de in Kaap­stad be­gin. Hy het Woens­dag in Gau­teng aan­ge­kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.