Ro­wer byt rin­ge van vin­gers af

Vrou drink nou mid­del teen vigs

Beeld - - News - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

’n Vrou van P­re­to­ria wat drie maan­de ge­le­de ge­hoor het haar limf­kan­ker is in re­mis­sie, neem nou ’n an­ti­re­tro­vi­ra­le (ARV)mid­del na­dat ’n ro­wer haar Vry­dag ge­byt het.

Die bin­ne­kant van Joey Ferreira (69) se mond is ook stuk­kend ge­krap toe een van die drie aan­val­lers sy hand in haar mond ge­druk het.

Dit is ver­moe­de­lik haar gil­le wat die aan­val­lers laat vlug het.

Die af­ge­tre­de Ferreira, wat in die Tshwa­ne-me­tro­raad se ar­gi­tek­tuur­af­de­ling ge­werk het, sê sy het om­streeks 18:35 op haar erf stil­ge­hou. Sy en Ida Nel (62) woon in Ha­nau­straat in Moun­tain View, P­re­to­ria-Wes.

Toe sy die hek wou toe­maak, het drie mans by die erf in­ge­storm.

“Al drie het my ge­gryp en my ge­ruk en ge­pluk. Dit het ge­voel of hul­le my arms wil breek.”

Die mans het haar ge­skop en ’n hand­wa­pen voor haar “rond­ge­swaai”. Hul­le het ge­skreeu: “Mo­ve! Mo­ve!” en haar na die kom­buis­deur ge­dwing.

Sy het met haar elm­boë na hul­le pro­beer kap en ge­skreeu: “Ida, help my!” Joey Ferreira (69) be­duie hoe ’n ro­wer haar aan die vin­ger ge­byt het. Haar reg­ter­oog is bloed­be­lo­pe ge­slaan. Poe­na Gouws, haar buur­man wat haar te hulp ge­snel het, se reg­ter­arm is in ’n hang­ver­band on­der sy hemp om­dat hy in die hard­loop ge­val en sy skou­er ont­wrig het. Nel het die bu­re ge­bel. Ferreira sê die drie het ’n “bie­tjie ge­skrik” weens haar gil­le, maar toe byt een haar aan die wys­vin­ger om haar rin­ge af te kry.

“Dít het my die m**r in ge­maak.”

Haar ma se goue trou­pand en ’n sil­wer ring wat Nel van Ne­der­land af ge­bring het, is af­ge­vat.

Een van die an­der ro­wers het sy hand in haar mond ge­druk, “se­ker om my stil te kry of my seer te maak”.

Haar mond het bin­ne-in ge­bloei.

Toe kry sy ’n har­de hou op die reg­ter­oog.

“Ek het my lon­ge uit­ge­skreeu,” sê Ferreira. Die mans het toe ver­kas. Sy is bly die ag­ter­deur se vei­lig­heids­hek was ge­sluit, an­ders sou die aan­val­lers daar in­ge­gaan het.

Poe­na Gouws (42), wat oor- kant hul­le woon, het aan­ge­hard­loop toe hy die gil­le hoor.

Hy het ge­sien een van die ro­wers draf langs ’n be­we­gen­de mo­tor, ’n wit Au­di A6, en toe hy in­spring, het dit weg­ge­jaag.

Gouws het op die sy­paad­jie ge­val en sy skou­er ont­wrig.

Die straat se in­wo­ners was baie gou by Ferreira. Die po­li­sie en die am­bu­lan­se wat haar en Gouws hos­pi­taal toe ge­neem het, was ook gou daar.

“Dan­kie vir goeie bu­re,” sê Nel.

Gouws sê die klom­pie bu­re ken en help me­kaar. “Ek sê al­tyd: Al be­taal jy my R20 mil­joen, sal ek nie hier weg­trek nie.”

Sy kring­te­le­vi­sie wys hoe die Au­di oor­kant die pad stil­hou en drie mans uit­klim, maar die re­gis­tra­sie­nom­mer is nie her­ken­baar nie.

Ferreira sê sy het Vry­dag­aand die eer­ste ARV-ta­blet ge­sluk om te keer dat sy MIV/vigs op­doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.