Rook in toi­let­te voor­dat Ai­r­bus neer­stort

Beeld - - News - Wrak­stuk­ke en an­der ar­ti­kels van Egyp­tAir se vlug 804 wat in die Mid­del­land­se See neer­ge­stort het, is sig­baar op dié fo­to wat die E­gip­tie­se weer­mag Sa­ter­dag uit­ge­reik het. – News24Wi­re

Ka­ïro. – Die cha­o­tie­se laas­te oom­blik­ke van Egyp­tAir se vlug 804 het ge­paard ge­gaan met rook in die toi­let­te en pro­ble­me in die stuur­ka­juit, blyk uit vlug­da­ta wat uit­ge­lek het.

Dit sluit in drie mi­nu­te waar­in a­larms in die Ai­r­bus 320 die een ná die an­der af­ge­gaan het voor­dat kon­tak met die vlieg­tuig ver­loor is.

Amp­te­na­re het ge­maan dat dit nog te vroeg is om te sê wat pre­sies met die vlieg­tuig ge­beur het. Die Fran­se mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke, Je­anMarc Ay­rault, het Sa­ter­dag ge­sê al die aan­na­mes word on­der­soek.

Al hoe meer ge­tui­e­nis dui daar­op dat ’n s­kie­li­ke, dra­ma­tie­se katastrofe Don­der­dag daar­toe ge­lei het dat die vlieg­tuig in die oos­te­li­ke Mid­del­land­se See neer­ge­stort het.

Die E­gip­tie­se weer­mag het Sa­ter­dag die eer­ste fo­to’s uit­ge­reik van wrak­stuk­ke van die vlieg­tuig wat in die see op­ge­pik is, waar­on­der per­soon­li­ke goe­de­re en be­ska­dig­de sit­plek­ke.

E­gip­te staan aan die stuur van ’n groep lan­de wat soek na die vlieg­tuig se vlug­op­ne­mers – die vlug­da­ta en stuur­ka­juit­stem­op­ne­mers – en an­der lei­dra­de wat die s­kie­li­ke neer­stor­ting in die see kan ver­klaar.

“As die vlieg­tuig bin­ne drie mi­nu­te ver­dwyn het, is dit baie vin­nig,” sê P­hi­lip Baum, ’n lug­vaart­ken­ner. “Dit was ken­ne­lik ’n ui­ters erns­ti­ge voor­val.”

Amp­te­na­re het ge­sê die vlieg­tuig het eers links en toe regs ge­rol en toe heel­te­mal in die rond­te ge­tol voor­dat dit 38 000 vt. na be­ne­de ge­stort en in die see ge­val het son­der om ’n nood­sein te stuur.

Die eer­ste fo­to’s van wrak­stuk­ke van die vlieg­tuig is op die Fa­ce­book-blad van die E­gip­tie­se weer­mag se hoof­woord- voer­der ge­laai. Dit toon on­der meer ge­skeur­de oor­blyf­sels van sit­plek­ke, red­dings­baad­jies en iets wat deel kan wees van ’n ba­ba se pers-en-pienk kombers of slaap­sak­kie.

Die woord­voer­der, b­rig.genl. Mo­ham­med Sa­mir, het la­ter ’n vi­deo op die web­werf ge­plaas waar­op iets wat soos ’n blou mat lyk, sit­plek­gor­dels, ’n skoen en ’n wit hand­sak ge­sien kan word.

Vlug 804 was op pad van Pa­rys na Ka­ïro met 66 men­se aan boord.

Die E­gip­tie­se o­wer­he­de hou vol dat ter­reur ’n waar­skyn­li­ker ver­kla­ring vir die on­ge­luk as teg­nie­se pro­ble­me is.

Fo­to: REU­TERS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.