Sjef eis R2 mil­joen na­dat sy arm glo in hos­pi­taal ver­mink is

Beeld - - News - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

’n Voor­ma­li­ge sjef wat nou as kel­ner moet werk om­dat sy arm glo in ’n staats­hos­pi­taal ver­mink is, eis R2,17 mil­joen van M­pu­ma­lan­ga se ge­sond­heids­de­par­te­ment.

Jan Ma­kua (42), wat steeds in die Ma­chi­cs-re­stau­rant & A­le­hou­se in Lynn­wood­weg, P­re­to­ria-Oos, werk, is op Ou­jaars- aand 2013 glo deur ’n fa­mi­lie­lid met ’n mes in die lin­ker­voor­arm ge­steek.

Lui­dens hof­stuk­ke wat hy by die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria in­ge­dien het, is hy op 2 Ja­nu­a­rie 2014 in die K­waMhlan­ga-hos­pi­taal in M­pu­ma­lan­ga op­ge­neem.

Hy sê die wond het aan­hou bloei ter­wyl hy in die hos­pi­taal was, sep­ties ge­raak en dat sel­lu- li­tis ont­wik­kel het. Sel­lu­li­tis is in­flam­ma­sie van die bind­weef­sel wat meest­al te wy­te is aan bak­te­ri­ë­le in­fek­sie.

Lui­dens sy hof­stuk­ke was daar op 3 Ja­nu­a­rie te­kens dat sep­sis ont­wik­kel.

Die wond is op 8 Ja­nu­a­rie in ’n o­pe­ra­sie ge­heg. Twee dae la­ter het ’n per­so­neel­lid aan­ge­te­ken dat dit steeds bloei.

’n Per­so­neel­lid het nóg twee dae la­ter aan­ge­te­ken dat sel­lu­li­tis ont­wik­kel.

Ma­kua is op 13 Ja­nu­a­rie ont­slaan en na ’n kli­niek ver­wys waar die ste­ke op 20 Ja­nu­a­rie ver­wy­der moes word.

Hy is op 17 Ja­nu­a­rie in ’n pri­va­te prak­tyk in Die Wil­gers, P­re­to­ria, on­der­soek en die dok­ters het hom drin­gend na die Steve Bi­ko-hos­pi­taal in die stad ver­wys, word aan­ge­voer.

Hy is die vol­gen­de dag daar ge­o­pe­reer en ’n mas­sie­we he­ma­toom (’n op­ho­ping van bloed in weef­sels wat stol en ’n so­lie­de swel­sel vorm) is ver­wy­der, lui die hof­stuk­ke.

’n Veloor­plan­ting is la­ter in Ja­nu­a­rie 2014 ge­doen en hy is op 19 Fe­bru­a­rie ont­slaan.

Ma­kua be­weer die Kwa‘Mhlan­ga-hos­pi­taal het die wond nie gou ge­noeg in ’n o­pe­ra­sie skoon­ge­maak en die bloe­ding ge­stop nie. Ge­skik­te an­ti­bi­o­ti­ka is glo ook nie teen die in­fek­sie voor­ge­skryf nie.

Sy pro­ku­reur, Je­an-Paul Rudd van die regs­fir­ma A­dams & A­dams in die stad, sê Ma­kua se do­mi­nan­te arm is pyn­lik en ver­mink. Om dié re­de kan hy nie meer ’n sjef in die re­stau­rant wees nie.

Vol­gens Rudd ly Ma­kua ’n groot ver­lies weens die ver­lies van die vol­le ge­bruik van sy arm.

Ma­kua, van Nel­l­ma­pi­us, P­re­to­ria, eis R2,17 mil­joen van M­pu­ma­lan­ga se ge­sond­heids­de­par­te­ment weens die die K­waMhlan­ga-hos­pi­taal se be­weer­de na­la­tig­heid.

Die de­par­te­ment het ken­nis ge­gee dat die eis teen­ge­staan gaan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.