Ver­weef in die ge­meen­skap

Dit was Vry­dag pre­sies 100 jaar ge­le­de dat De Na­ti­o­na­le Pers ’n A­fri­kaan­se ge­sins­tyd­skrif be­gin uit­gee het wat tot die groot­ste tyd­skrif in die land sou groei. Jo­han­nes de Vil­liers kyk te­rug na oom­blik­ke in Huis­ge­noot se ge­skie­de­nis.

Beeld - - News - Eeu­fees Suk­ses­re­sep Oor­le­wing Hier­die ar­ti­kel is ’n op­som­ming van ’n do­ku­men­tê­re vi­deo wat Huis­ge­noot vir sy eeu­fees­vie­ring saam­ge­stel het.

Dit is 1991. Ca­rel­tjie van As­we­gen, ’n boer van De­a­les­vil­le, weeg 281 kg, so oor­ge­wig dat hy in die Vry­staat­se hit­te nie ’n hemp kan dra nie.

Oor die ja­re volg dié vrien­de­li­ke reus dap­per die een di­eet ná die an­der. Hy krimp tot 109 kg, maar die eet­lus wen tel­kens weer. Toe hy in 2005 sterf, weeg hy 368 kg.

Dit is 1993. Oud­mi­nis­ter Piet Koorn­hof ver­ruil sy luuk­se huis in S­tel­len­bosch vir ’n plek­kie in Ta­ble View, waar hy met die jong Mar­cel­le A­dams en haar ba­ba, Ma­ria, in­trek.

Kort voor lank sien die wê­reld fo­to’s van ’n stra­len­de Piet in ’n skuim­bad met die klein Ma­ria op sy skoot. Deur die ja­re volg men­se sy en Mar­cel­le se on­ge­wo­ne lief­des­ver­haal.

Dit is 1994. Die san­ge­res Co­ra Ma­rie het ge­vor­der­de kan­ker. Sy weeg net 36 kg, “’n bro­se stuk­kie mens”, maar van­dag maak sy haar vir ou­laas reg vir ’n fo­to­ses­sie. Hel­der lip­stif­fie. Blink oor­bel­le.

“Ek wil as­se­blief weer mooi lyk,” sê sy. Drie maan­de la­ter sterf sy.

Ont­hou jy dié sto­ries? Weet jy van Wen­re­sep­te, af­stryk­pren­te vir T-hem­de en Mur­ray Jan­son se le­wens­raad?

Dan het jy dit waar­skyn­lik in Huis­ge­noot ge­lees. Van­dag 100 jaar ge­le­de het De Na­ti­o­na­le Pers ’n A­fri­kaan­se ge­sins­tyd­skrif be­gin uit­gee wat tot die groot­ste tyd­skrif in die land sou groei.

“Dit was ’n tyd­skrif wat A­fri­kaan­se men­se ’n eie i­den­ti­teit moes gee in ’n tyd toe die A­fri­ka­ner vrees­lik weer­loos was,” ver­tel prof. Li­zet­te Ra­be van die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch se de­par­te­ment joer­na­lis­tiek. “Dit was ná die Ang­lo-Boe­re­oor­log, ná die Re­bel­lie, die Eer­ste Wê­reld­oor­log het uit­ge­breek . . .”

Die tyd­skrif se rol het baie gou ver uit­ge­kring. Die skry­wer El­sa Jou­bert, vrou­e­re­dak­teur van 1946 tot 1948, ont­hou Huis­ge­noot in daar­die ja­re as “ap­teek vir die men­se, die dok­ter, hul huis­be­plan­ner”.

“Dit was ’n na­ïe­we tyd. Kor­sies vir pas­teie, die grap­pies, was die groot ding. Kamp­vuur­ge­sel­sies van men­se. Boe­re het hom ge­lees. Fa­brieks­mei­sies het hom ge­lees. Die ma en pa en die kind.”

Huis­ge­noot het van die 1930’s sy eer­ste groot bloei­tyd­perk be­leef toe Mar­kus Vil­joen re­dak­teur ge­word het. Vil­joen was die eer­ste Suid-A­fri­kaan­se joer­na­lis met pro­fes­si­o­ne­le op­lei­ding dank­sy sy mees­ters­graad in joer­na­lis­tiek aan die Co­lum­bia-U­ni­ver­si­teit in New York, en het dit sy taak ge­maak om le­sers in die groot e­ko­no­mie­se de­pres­sie met “moed en i­de­a­lis­me” te be­siel. Hy het die klem laat val op die “a­von­tuur­li­ke” en die “he­ro­ïe­se,” soos in die Groot Trek en die twee Vry­heids­oor­loë.

Maar in die t­wee­de helf­te van die vo­ri­ge eeu het le­sers hul smaak vir dié re­sep ver­loor.

“Men­se wou van die rol­prent­ster­re van Hol­ly­wood lees, ’n an­der soort ont­vlug­ting as die ont­vlug­ting van volks­hel­de,” sê Ra­be.

Teen die 1970’s het die sir­ku­la­sie ge­suk­kel. TV sou men­se se ver­naam­ste ont­span­nings­me­di­um word, en die aas­vo­ëls het bo­kant Huis­ge­noot ge­draai.

Ton Vos­loo, ge­we­se di­rek­sie­voor­sit­ter van Nas­pers, ont­hou: “Ge­luk­kig het ons re­dak­teurs ge­had wat in daar­die tyd ge­reed was om Huis­ge­noot aan die nek te vat en te ver­nu­we; eers To­bie Bos­hoff en toe Niel Ham­mann. Al­bei is Lon­den toe ge­stuur om bre­ër on­der­vin­ding op te doen. Daar het hul­le ge­leer wat mas­sa­tyd­skrif­te is.”

In die 1980’s en 1990’s het Ham­mann ’n nu­we rig­ting in­ge­slaan – lek­ker­lees-nuus oor sterre, mo­des, trou­es – en na­tuur­lik blok­raai­sels. “Ons het met groot spron­ge ge­groei,” ont­hou Ham­mann. “Sir­ku­la­sie­spron­ge van som­mer 100 000 in ’n jaar.”

Prin­ses Di­a­na se ge­sins­le­we en B­les B­rid­ges se lief­des­di­lem­mas was die soort men­se­dra­mas wat Huis­ge­noot se sta­pel­voed­sel ge­word het. Nuus­ge­beu­re is aan­ge­bied met dra­ma­tie­se fo­to’s en ’n aan­gry­pen­de skryf­styl. Mi­net­te Ferreira, Me­dia24 se hoof van week­lik­se tyd­skrif­te, som dié suk­ses­re­sep só op: “Ek dink dis ’n meng­sel van ‘o, my lie­we he­mel, ek het dit nie ge­weet nie’, van skin­der­sto­ries tot wen­re­sep­te, in­fo-gra­fie­ke vir die klein­span, en daar­die on­weer­staan­ba­re brok­kies nuus. Ek dink nie jy kan Huis­ge­noot lees son­der om te lag, ’n krag­woord te ge­bruik en te huil nie.”

Koos Bek­ker, Nas­pers-voor­sit­ter, sê: “Huis­ge­noot het ’n e­nor­me rol ge­speel in die fi­nan­sie­ring van Nas­pers, by­voor­beeld toe M-Net in 1985 ge­stig is. Die tyd­skrif het geld in­ge­bring wat die maat­skap­py in an­der on­der­ne­mings kon be­lê.”

In 1990 was daar ’n tyd­stip toe die helf­te van al­le A­fri­kaans­spre­ken­des Huis­ge­noot ge­lees het – ’n mark­pe­ne­tra­sie wat van­dag nog wê­reld­wyd on­ge­kend is.

Kri­ti­ci het ge­kla Huis­ge­noot raak sen­sa­si­o­neel. “Die woord ‘sen­sa­si­o­neel’ word vrees­lik mak­lik ge­bruik; hy het so ’n gu­re klan­kie aan hom,” ge­sels Wil­lie K­ühn, wat van 1997 re­dak­teur was. “Men­se ver­geet wat sen­sa­sie is. Sen­sa­sie is ’n ge­wel­di­ge nuus­ge­beur­te­nis en jy móét daar by­bly.”

I­zel­le Ven­ter, ’n oud­re­dak­teur, sê: “Huis­ge­noot is on­op­ge­smuk; sto­ries word eer­lik ver­tel en weer­spie­ël hoe men­se is. En dan word dit so goed ge- Gra­fi­ka: :CO­BUS PRINSLOO GRAFIKA24 skryf en dit word ook in die kon­teks van ’n at­mos­feer ge­plaas, so jy lees nie net die sto­rie nie, jy voel dit.”

Ju­lia Vil­joen, nog ’n oud­re­dak­teur, se op­som­ming van wat le­sers uit Huis­ge­noot kry, is: “Daar is ’n ge­voel van ge­meen­skap wat al ’n he­le eeu saam­kom. Dis ’n klein fa­mi­lie­tjie. Ons bly nie meer op ’n dor­pie nie, maar ons het steeds daar­die be­hoef­te om ’n krin­ge­tjie men­se te wees waar ons tuis voel en waar ons kan glo wat men­se ons ver­tel.”

Es­maré Wei­de­man, ’n oud­re­dak­teur en hui­di­ge uit­voe­ren­de hoof van Me­dia24, sê: “Om ’n prent­jie in jou kop te vorm van wie Huis­ge­noot se le­sers is, is ge­lyk­ty­dig baie moei­lik en ge­wel­dig mak­lik. Huis­ge­noot se le­sers is A­fri­kaan­se men­se wat ge­ïn­te­res­seerd is in die wê­reld om hul­le, wat hou van be­ken­des en kos, wat lek­ker kan lag en ’n traan kan weg­pink oor ’n hart­seer­sto­rie.”

Deur die ja­re was die tyd­skrif aan die voor­punt van ver­nu­wings: van die eer­ste blok­raai­sels tot Skou­spel, han­dels­merk­uit­brei­dings en nou ook di­gi­ta­le ver­skui­wings en in­ter­ak­tie­we uit­stal­lings soos Days of the Di­no­saurs in 2014 en Ga­te­way to S­pa­ce la­ter van­jaar saam met die sus­ter­tyd­skrif­te You en Drum. In die he­den­daag­se di­gi­ta­le era is dit geen ge­heim dat druk­me­dia be­dreig word nie. Huis­ge­noot is reeds die groot­ste A­fri­kaan­se han­dels­naam op Fa­ce­book, maar die ge­druk­te tyd­skrif is steeds die kern­on­der­ne­ming.

Sal die tyd­skrif in sy t­wee­de eeu soos in die 1970’s die aan­pas­sing kan maak wat no­dig is om le­wens­krag­tig te bly?

Hen­ri­ët­te Loub­ser, die hui­di­ge re­dak­teur, meen haar span se groot ver­ant­woor­de­lik­heid is nou om die ge­druk­te tyd­skrif so lank moont­lik wins­ge­wend en ge­sond te hou, maar om Huis­ge­noot ook vir die di­gi­ta­le toe­koms te po­si­si­o­neer.

“Ons pro­beer die ge­druk­te tyd­skrif dees­dae selfs méér u­niek en spe­si­aal as te­vo­re te maak; in­houd wat jy nê­rens an­ders kan kry nie. En dan skep ons ook el­ke dag vars nu­we in­houd vir ons aan­lyn­plat­forms.”

Bek­ker sê: “Die ba­sies be­hoef­te wat Huis­ge­noot ver­vul, is om te sê wat in die ge­meen­skap aan­gaan. Daar­die be­hoef­te sal nie weg­gaan nie. Die teg­no­lo­gie wat jy ge­bruik, is op ’n ma­nier on­be­lang­rik.

“Dis in­te­res­sant hoe diep Huis­ge­noot in sy ge­meen­skap ver­weef is. ’n Oom in die Swart­land het een­keer vir my ge­sê: ‘Op ons dorp is daar net twee waar­he­de: Vicks en Huis­ge­noot.’ ” )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.