Ma­le­ma: Men­se mis ou SA lei­ers

Beeld - - News - O­det­te Kemp

Port E­li­za­beth. – On­der die lei­ding van die ANC kry die Oos-Kaap so swaar dat sy in­wo­ners die a­part­heids­lei­ers mis.

So het Ju­li­us Ma­le­ma, EFF-lei­er, gis­ter aan ’n stamp­vol saal in Mot­her­well in Nel­son Man­de­la­baai ge­sê.

Ma­le­ma be­soek se­dert ver­le­de week ge­meen­skap­pe in die pro­vin­sie om in­wo­ners se grie­we aan te hoor.

Port E­li­za­beth was die laas­te plek op sy lys. Hier het hy K­waNo­buhle en K­waZak­he­le be­soek voor­dat hy na die Ray­mond Mhla­ba-sen­trum in Mot­her­well is.

“In Mt­ha­tha het ek ’n slag­gat die groot­te van Ja­cob Zu­ma se swem­bad ge­sien op ’n pad in die mid­del van die dorp,” het Ma­le­ma ge­sê.

“Ek weet nie wat die men­se van die Oos-Kaap aan die ANC ge­doen het nie, maar dit is die swak­ste pro­vin­sie in die land.”

Om dié re­de wil die EFF kie­sers in die me­tro werf.

“Die ANC maak droog en laat die men­se ver­lang na die re­ge­ring van die a­part­heids­dae.

“Die op­po­si­sie­par­tye kla baie oor ons, maar hul­le is al se­dert 1994 be­dry­wig en het nog niks ge­doen nie.

“Die EFF is die toe­koms, nie die ANC nie. Ons is die hoop vir die ar­mes in die land.”

Dit is dié kie­sers wat die EFF in die ver­kie­sing kan steun, meen prof. Jo­leen S­teyn-Kot­ze, po­li­tie­ke ont­le­der aan die Nel­son Man­de­la Me­tro­po­li­taan­se U­ni­ver­si­teit.

“Die EFF kan dalk die on­te­vre­de kie­sers in die me­tro trek. Dit is moei­lik om te voor­spel wat in Au­gus­tus by die stem­bus­se gaan ge­beur, maar vol­gens my na­vor­sing neig die jeug, ver­al in Mot­her­well, nie nood­wen­dig na die ANC nie.

“Die ge­voel is dat die vry­heid wat die ANC ge­bring het ’n leë i­dee ge­word het om­dat die le­wens­ge­hal­te van in­wo­ners nie juis ver­be­ter het nie.

“As hul­le die stem­me kan ver­deel, sal die ANC óf die DA hul­le dalk na­der vir ’n ko­a­li­sie om ’n oor­win­ning te ver­se­ker. Dan kan hy sterk staan . . . ”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.