Eers ná tien jaar sal Sa­man­tha mees­ter­skil­der van Delft wees

Beeld - - News - A­ni­ka Ma­rais

Am­ster­dam. – In ’n wê­reld waar die 21ste eeu se jong wer­ken­des (mil­len­ni­als) el­ke paar jaar van die een be­roep na die an­der bok­spring, het sy die teen­oor­ge­stel­de ge­doen.

Die ad­ver­ten­sie in die koe­rant het ge­lees: “Kan jy te­ken en wil jy ’n mees­ter­skil­der van Delft word? Dit gaan jou tien jaar neem.”

Sa­man­tha van Leeu­wen (27) sit in ’n kan­toor­stoel by ’n ta­fel in die Roy­al Delft-mu­seum en verf ’n vo­ël­tjie op ’n Kers­klok­kie. “Ek het die ad­ver­ten­sie in die koe­rant raak­ge­lees en ge­dink: ‘Hoe­kom nie? Ek kán te­ken en het niks an­ders vir die vol­gen­de tien jaar be­plan nie.’ ”

In die e­nig­ste fa­briek wat nog die oor­spronk­li­ke 17de eeu­se teg­nie­ke ge­bruik om die wê­reld­be­ken­de blou-en-wit bor­de en te­ël­tjies te maak, word ’n nu­we ge­ne­ra­sie mees­ter­skil­ders op­ge­lei om dié tra­di­sie voort te sit.

“Ek en 15 an­der men­se is ge­toets voor­dat ek vir hier­die in­tern­skap van tien jaar ge­keur is,” sê sy.

“Ons het in­ge­kom en elk­een ’n te­ël­tjie ge­kry om te verf om te sien hoe fyn en ge­de­tail­leerd ons kan werk. Van die an­der men­se se han­de het baie ge­be­we, maar ek was heel rus­tig.”

Vier en ’n half jaar la­ter en Sa­man­tha pen­del steeds el­ke dag van Rot­ter­dam na die Roy­al Delft-fa­briek in die prent­jie­mooi stad van Delft om blom­pot­te, bor­de en teëls te verf.

Sy sit by ’n ta­fel in die mid­del van die fa­briek se mu­seum waar toe­ris­te heel­dag kan sien hoe sy met haar­fyn kwas­sies verf. “Ek dra nie ’n bril nie en my hand kramp nooit nie, maar ek het al ’n paar goed ge­breek,” Fo­to’s: A­NI­KA MA­RAIS er­ken sy.

“Nie as­pris nie, hoor. Maar net nou die dag het ek ’n blom­pot ’n bie­tjie te hard op die ta­fel neer­ge­sit. Toe kraak die voet- stuk. Ag, die kraak was klei­ner as my na­el, maar toe moet ek hom weg­gooi, want hy is nie meer per­fek nie.”

Haar woon­stel staan vol van dié blou-en-wit fla­ters. “Ons kry af­slag by die win­kel, maar ek het nog nooit vir my ’n reg­te Roy­al Delft-bord ge­koop nie. Ek vat maar net my fou­te huis toe.”

Sa­man­tha van Leeu­wen (27) hard aan’t werk aan ’n blom­pot. Sy is een van vier s­tu­den­te wat tans by die Roy­al Delft­fa­briek in Delft op­ge­lei word om ’n mees­ter­skil­der van hul por­se­lein­ en ke­ra­miek­wa­re te word. Die op­lei­ding neem tien jaar.

Die vier fa­ses van Delftwa­re. Aan­vank­lik word ’n wa­te­ri­ge klei in ’n giet­vorm ge­gooi, waar­na dit vir 24 uur teen 1 200 C ge­bak word. Na­dat dit af­ge­koel het, word die blom­pot glad ge­skuur en aan die skil­ders ge­gee. So­dra die skil­ders die pa­troon ge­verf het, word dit ge­gla­suur en weer vir 24 uur teen 1 200 C ge­bak.

Van Leeu­wen het twee uur be­stee om hier­die Kers­klok­kie te verf. Die verf lyk aan­vank­lik swart, maar so­dra dit ge­bak word, ver­an­der dit na blou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.