Kla so by ons

Beeld - - Tot u diens -

Ver­brui­kers kan hul klag­tes nou e­lek­tro­nies by Tot u diens in­dien. Stuur ’n e­pos na to­tu­diens@beeld.com.

Klag­tes wat e­lek­tro­nies in­ge­dien word, kan spoe­di­ger af­ge­han­del word. U kan ook ’n faks stuur na 086 693 5146. Ont­hou om die maat­skap­py se faks­nr. en be­son­der­he­de in te sluit.

(Gems) se diens kan ver­be­ter. “Toe ons met vakansie is, moes ek ’n ek­stra maand se chro­nie­se me­di­ka­sie be­kom. Om­stan­dig­he­de het daar­toe ge­lei dat ek self vir die me­di­ka­sie moes be­taal. Ek het ’n eis by Gems in­ge­dien om die geld te­rug te kry.

“Ek het al die no­di­ge do­ku­men­ta­sie vir die eis aan Gems ge­stuur. Hier­na het ek ge­reeld skrif­te­lik en in per­soon op­ge­volg, maar die eis is steeds nie af­ge­han­del nie. Om die waar­heid te sê, lyk dit nie vir my as­of hul­le aan­dag aan die saak gee nie.”

Tot u Diens het Gems ge­vra om on­der­soek in te stel.

Hul­le sê Gro­bler het sy eis na die ver­skaf­fer van die me­di­sy­ne ge­stuur eer­der as aan Gems self. Sy eis is wel ont­vang en goed­ge­keur vir be­ta­ling, maar die pro­ses is nooit af­ge­han­del nie.

Gems het Gro­bler om ver­sko­ning ge­vra vir wat ge­beur het. ’n Be­ta­ling is nou aan hom ge­doen. Jen­na Ca­litz het by Vo­da­com ’n blou­tjie ge­loop.

“Ek het aan die ein­de van ver­le­de jaar ’n re­ke­naar by Vo­da­com be­kom. Aan­vank­lik was Vo­da­com se diens fan­tas­ties. So­wat ’n maand ge­le­de het daar rook uit die re­ke­naar ge­draai toe ek dit aan­ska­kel. Ek het Vo­da­com daar­van laat weet. Hul­le het ge­sê ek moet die re­ke­naar vir ’n on­der­soek na hul plaas­li­ke win­kel neem.

“Ek wou die re­ke­naar by Vo­da­com in­gee, maar hul­le kon nie ’n re­kord daar­van op hul stel­sel vind nie.

“Die per­so­neel­le­de by die win­kel sou hier­oor na­vraag doen en my te­rug­bel. Dit het nie ge­beur nie.

“Ek het self weer ge­bel. Ek is van een per­soon na die an­der ver­wys son­der dat ie­mand ei­e­naar­skap van my pro­bleem ge­neem het. Ek het la­ter vyf nom­mers ge­had wat ek moes bel om te pro­beer hulp kry. Abe van Nie­kerk het oor sy pro­ble­me met sy Mer­ce­des S­mart-kar aan Tot u Diens ge­skryf.

“Ek het ’n ge­bruik­te S­mart wat nog on­der waar­borg is, ge­koop. On­langs het ek ’n on­ge­wo­ne ge­raas op­ge­merk as ek daar­mee ge­ry het. Ek het on­der­soek in­ge­stel en ge­vind die dak is los.”

Van Nie­kerk is na Mer­ce­des om vir hulp te vra.

“Hul­le het on­der­soek in­ge­stel en tot die ge­volg­trek­king ge­kom ek moet self vir die her­stel­werk be­taal. Ek het hul­le daar­op ge­wys dat die voer­tuig nog on­der waar­borg is en dat die pro­bleem ’n fa­brieks­fout is. Die mo­tor het im­mers nog nie eens 30 000 km af­ge­lê nie. Vol­gens my kan die pro­bleem dus nie aan ge­wo­ne sly­ta­sie toe­ge­skryf word nie.

“Die plaas­li­ke Mer­ce­des-han­de­laar het selfs Mer­ce­des-Duits­land ge­kon­tak om te hoor of hul­le kan help, maar hul­le wil ook niks hoor van die on­kos­te vir die her­stel­werk dra nie.”

Ons het Mer­ce­des ge­vra of hul­le Van Nie­kerk kan te­ge­moet kom. Hy sê Mer­ce­des het be­sluit om wel vir die her­stel­werk te be­taal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.