Klag­te van die week

Beeld - - Tot u diens -

Tru­di Ver­meu­len het met

kop­pe ge­stamp. “Ek het in 2012 twee TV’s ge­koop. Aan die be­gin van 2015 het al­bei TV’s be­gin pro­ble­me gee. Ek het die een by ’n plaas­li­ke on­der­ne­ming vir her­stel­werk in­ge­gee, maar hul­le kon nie die no­di­ge on­der­de­le be­kom om dit te her­stel nie. Die win­kel waar ek die een TV ge­kry het, het my na die a­gen­te vir die TV’s se ver­vaar­di­ger ver­wys. Ek het Nu­Wor­ld In­dus­tries ge­kon­tak en my pro­bleem aan hul­le ver­dui­de­lik. Hul­le het on­der­neem om die TV’s by my huis te kom haal. Die eer­ste keer kon hul­le b­lyk­baar nie my huis vind nie, maar na­dat ek my a­dres aan hul­le be­ves­tig het, is die TV’s die­self­de dag op­ge­laai.”

Ver­meu­len het ’n ruk­kie ge­wag voor­dat sy weer vir Nu­Wor­ld ge­kon­tak het.

“Ek kon eers nie Nu­Wor­ld se ver­teen­woor­di­ger in die han­de kry nie. Hy was b­lyk­baar vir ’n tyd­jie uit die land uit. Nu­Wor­ld het die een TV gra­tis her­stel, maar hul­le moes eers wag vir on­der­de­le om die an­der een te her­stel. Hul­le sou in so twee we­ke die no­di­ge on­der­de­le kry. ’n Week la­ter het ek nog nie een van die TV’s te­rug­ge­kry nie. Ek het vir die­self­de ver­teen­woor­di­ger ’n bood­skap ge­stuur om te hoor wat aan die gang is. Ek het eg­ter nie te­rug­voe­ring ge­kry nie.

“Ek het la­ter Nu­Wor­ld se hoof­kan­toor ge­kon­tak en my pro­bleem aan hul­le ver­dui­de­lik. Hul­le het ge­sê hul­le wag steeds op on­der­de­le vir die een TV. Ek be­gin won­der of hul­le wel my TV kan her­stel en hoe­kom ek nog nie die an­der een, wat vol­gens hul­le reeds her­stel is, kan te­rug­kry nie.”

Tot u Diens het Nu­Wor­ld In­dus­tries ge­vra om kom­men­taar te le­wer. Hul­le sê Ver­meu­len se een TV is in­der­daad her­stel en dat sy eint­lik daar­voor moes be­taal. As ge­baar van wel­wil­lend­heid het hul­le die her­stel­werk gra­tis vol­tooi het. Hier­die TV is da­de­lik ná Tot u Diens se na­vraag by Ver­meu­len af­ge­le­wer. On­der­de­le vir die an­der TV was nie in SuidA­fri­ka be­skik­baar nie en daar was ’n op­ont­houd om dit van oor­see te kry.

Nu­Wor­ld het tot ’n ver­ge­lyk met Ver­meu­len ge­kom waar­vol­gens sy ’n an­der TV in die plek van haar stuk­ken­de een ge­kry het.

Ver­meu­len sê sy is nou te­vre­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.