Wenke wat werk

Beeld - - Tot u diens -

Daar is ’n ver­skil tus­sen om op ’n swart­lys ge­plaas te word en om as ’n laat­be­ta­ler by ’n kre­diet­bu­ro ge­lys te word.

Eers­ge­noem­de verg dat ’n kre­di­teur eers ’n reg­te­li­ke pro­ses volg om ’n wan­be­ta­ler op ’n swart­lys te laat plaas. Eers na­dat die hof ’n be­vel uit­ge­reik het, kan dit ge­beur.

Dis eg­ter veel mak­li­ker om ie­mand as ’n laat­be­ta­ler te laat lys. As ’n ver­brui­ker in e­ni­ge sta­di­um laat is met ’n be­ta­ling van skuld, kan die kre­di­teur die ver­brui­ker by ’n kre­diet­bu­ro as ’n laat­be­ta­ler aan­gee. In dié ge­val kan dit vir die ver­brui­ker moei­li­ker word om ver­de­re skuld aan te gaan.

Die ge­dag­te hier­ag­ter is om die ver­brui­ker te be­skerm teen te veel skuld.

Die goeie nuus is dat ’n ver­brui­ker, na­dat die skuld waar­voor hy of sy as laat­be­ta­ler ge­lys is, vol­le­dig af­be­taal is, ’n aan­soek by die be­trok­ke bu­ro kan in­dien om e­ni­ge ver­wan­te in­skry­wings aan­gaan­de die skuld te laat ver­wy­der. Na­dat so ’n aan­soek ont­vang is, moet die bu­ro die in­skry­wings bin­ne se­we dae ver­wy­der.

In die ge­val waar ’n ver­brui­ker meen die in­skry­wings wat hom of haar tot laat­be­ta­ler maak, is on­reg­ver­dig, kan ’n klag­te by die kre­diet­bu­ro of kre­dietom­buds­man in­ge­dien word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.