‘Baie rol­spe­lers moet saam­werk om SA staal­ver­vaar­di­ging te red’

Beeld - - Sake - El­vi­ra Wood

Jo­han­nes­burg. – ’n Vol­hou­ba­re staal­ver­vaar­di­ging­sek­tor kán in Suid-A­fri­ka be­staan, sê De­an Su­bra­ma­ni­an, waar­ne­men­de uit­voe­ren­de hoof van Ar­cel­orMit­tal Suid-A­fri­ka (Am­sa).

“Am­sa is be­reid om ge­re­gu­leer­de ta­rie­we te aan­vaar so­lank dit bil­lik is, maar het dan het ons be­ter steun ver­al met in­fra­struk­tuur no­dig,” het hy ver­le­de week aan Sa­ke ge­sê.

“Die feit dat Suid-A­fri­ka se spoor­net­werk vir die ver­voer van ys­ter­erts net op die uit­voer­mark ge­rig is en dus net na ha­wens loop, uit­da­gings om hulp­bron­ne (soos ys­ter­erts en steen­kool) teen bil­li­ke pry­se by ons aan­leg­te te kry, en duur e­lek­tri­si­teit is van die in­fra­struk­tuur­pro­ble­me wat van plaas­li­ke staal­ver­vaar­di­ging ’n uit­da­ging maak,” sê hy.

“Om­dat Trans­net se in­fra­struk­tuur op die uit­voer­be­dryf fo­kus, moet ons vrag­mo­tors ge­bruik om ys­ter­erts by ons aan­leg te kry.

“Ons ver­staan dat plaas­li­ke staal­ge­brui­kers goed­ko­per staal wil hê en dus pro­duk­te uit ver­al C­hi­na aan­koop, maar die speel­veld is nie ge­lyk nie en ons moet na al­le as­pek­te kyk om ons aan­leg­te oop te hou,” hy.

Henk Lan­gen­ho­ven, hoof­e­ko­noom van die staal- en in­ge­ni­eurs­be­dryf van Suid-A­fri­ka (Seif­sa), het in Fe­bru­a­rie by die e­ner­gie­re­gu­leer­der, Ner­sa, se sit­tings oor E­s­kom se voor­ge­stel­de ta­rief­ver­ho­gings ge­sê as die ver­ho­gings goed­ge­keur word, gaan dit dras­tie­se ge­vol­ge vir die staal­be­dryf hê.

Wim de K­lerk, wat op 1 Sep­tem­ber uit­voe­ren­de hoof van Am­sa word, het vroe­ër aan Ci­ty P­ress ge­sê Am­sa is een van E­s­kom se groot­ste kli­ën­te, “en as ons ons deu­re moet sluit, sal E­s­kom so­veel ek­stra e­lek­tri­si­teit hê dat hy nie sy skuld sal kan be­taal nie”.

Su­bra­ma­ni­an sê Am­sa “er­ken daar is baie par­tye be­trok­ke by die voort­be­staan van die land se staal­ver­vaar­di­gings­be­dryf, maar dit sal tot al­mal se voor­deel wees as ons kan op­hou vin­ger wys en be­gin saam­werk”.

“Ons weet Suid-A­fri­ka se e­ko­no­mie gaan ie­wers weer be­gin groei. Dan wil ons reg wees om die no­di­ge pro­duk­te te le­wer en so te help om die groei te steun.”

Fo­to: VER­SKAF

Ar­cel­orMit­tal Suid­A­fri­ka se aan­leg­te, soos dié een in Ne­w­cas­t­le wat staal­sta­we ver­vaar­dig, kan ’n groot by­drae tot die plaas­li­ke e­ko­no­mie maak as be­ter in­fra­struk­tuur be­skik­baar is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.