Struk­tu­re­le ver­an­de­rings is al wat groei sal stu

Beeld - - Sakenuus - Ul­rich Jou­bert Ul­rich Jou­bert is ’n o­n­af­hank­li­ke e­ko­noom en vo­ri­ge wen­ner van Sa­ke se E­ko­noom van die Jaar­kom­pe­ti­sie.

Ty­dens die Groot Re­ses­sie van 2008-’09 het die o­wer­he­de in die mees­te lan­de op fis­ka­le en mo­ne­tê­re be­leid staat­ge­maak om te voor­kom dat dié re­ses­sie ont­aard in die vol­gen­de Groot De­pres­sie.

Weens die fis­ka­le be­leid wat toe ge­volg is, het be­gro­tings­te­kor­te dra­ma­ties toe­ge­neem.

Ter­wyl die mik­punt is dat hier­die te­kort nie meer as 3% van die to­ta­le bru­to bin­ne­land­se pro­duk (BBP) moet wees nie, het dit in die VSA tot so­wat 10% en in Suid-A­fri­ka tot meer as 6% ge­styg.

Spoe­dig is eg­ter ge­poog om be­gro­tings­te­kor­te weer on­der be­heer te kry so­dat staat­skuld nie bui­te be­heer styg nie.

Tans is die be­gro­tings­te­kort as per­sen­ta­sie van die BBP in die VSA 2,5% en in Suid-A­fri­ka 4,3%, ter­wyl staat­skuld on­der­skei­de­lik 104,2% en 50,1% van die BBP is. Die sti­mu­lus wat van­uit fis­ka­le be­leid ge­kom het, is oor die af­ge­lo­pe aan­tal ja­re aan­sien­lik ver­min­der en daar is ver­al op die mo­ne­tê­re be­leid staat­ge­maak om e­ko­no­mieë te sti­mu­leer en aan die gang te hou.

Hoe lyk die re­sul­ta­te?

In­ter­na­si­o­naal het ren­te­koer­se dik­wels dra­ma­ties ge­daal en dit is tans ne­ga­tief in De­ne­mar­ke, S­we­de, S­wit­ser­land en Ja­pan.

Die aan­dui­ding is dat Eu­ro­pe­se en Ja­pan­se ren­te­koer­se oor die vol­gen­de jaar of twee op die hui­di­ge lae vlak­ke sal bly of selfs la­er sal neig.

Ter­self­der­tyd sorg som­mi­ge sen­tra­le ban­ke dat groot vo­lu­mes li­ki­di­teit steeds in die fi­nan­si­ë­le stel­sel in­ge­pomp word.

So­doen­de hoop hul­le om die ver­brui­kers­vraag en in­ves­te­ring te sti­mu­leer, maar al­bei bly traag en ge­volg­lik bly groei traag ter­wyl spe­ku­la­sie in fi­nan­si­ë­le en kom­mo­di­teits­mark­te hoog­ty vier.

Or­ga­ni­sa­sies soos die Wê­reld­bank, In­ter­na­si­o­na­le Mo­ne­tê­re Fonds en die Or­ga­ni­sa­sie vir E­ko­no­mie­se Sa­me­wer­king en Ont­wik­ke­ling ver­min­der steeds hul ver­wag­te ge­mid­del­de groei­koers vir 2016.

Tans word groei van so­wat 3% vir die wê­reld­e­ko­no­mie ver­wag, ter­wyl die VSA, B­rit­tan­je en Duits­land groei van net min­der as 2% in 2016 ver­wag. In Ja­pan word groei van 0,1% voor­spel ter­wyl die C­hi­ne­se re­ge­ring groei van 6,7% be­plan. Indië ver­wag groei van meer as 7%, maar Bra­si­lië en Rus­land sal van­jaar ne­ga­tie­we groei van on­der­skei­de­lik 3,9% en 0,7% toon.

Ter­self­der­tyd bly in­fla­sie in die mees­te ny­wer­heids­lan­de op lae vlak­ke. In die VSA is die in­fla­sie­koers tans 1,1%, in Duits­land en Ja­pan -0,1%, in B­rit­tan­je 0,3% en in C­hi­na 2,3%.

Plaas­lik word steeds baie klem ge­plaas op die ver­de­re ver­nou­ing van die be­gro­tings­te­kort. Dit is om te voor­kom dat die graderingsagentskappe wat be­kom­merd is dat ons uit­ein­de­lik nie in staat sal wees om die uit­staan­de staat­skuld te delg nie, die land tot rom­mel­sta­tus af­gra­deer.

Die ver­min­de­ring van die be­gro­tings­te­kort be­te­ken eg­ter dat die fis­ka­le be­leid min­der sti­mu­le­rend is en ver­oor­saak dat groei­ver­wag­tin­ge ver­swak.

In­dien die­self­de re­sep as in an­der lan­de ge­volg sou word, sou die plaas­li­ke mo­ne­tê­re be­leid baie meer sti­mu­le­rend ge­wees het. Ren­te­koer­se sou ge­daal het en ’n al­ge­meen meer ver­rui­men­de mo­ne­tê­re be­leid sou ge­volg word.

On­ge­luk­kig is Suid-A­fri­ka se in­fla­sie tans ho­ër as die 6%mik­punt en ag die Re­ser­we­bank dit nood­saak­lik om ren­te­koer­se te ver­hoog in ’n po­ging om die ver­de­re sty­ging van in­fla­sie te be­perk.

Tans is mo­ne­tê­re be­leid dus ook be­per­kend en dit sal ook in 2017 ’n im­pak op Suid-A­fri­ka se groei- en in­diens­ne­mings­koer­se hê. ’n Groei­koers van slegs 0,3% word in 2016 ver­wag.

Waar lê die op­los­sings?

Die vrees be­staan dat mo­ne­tê­re be­leid nie juis die wê­reld­e­ko­no­mie ver­der kan sti­mu­leer nie. En wat­ter be­leids­in­stru­ment kan ge­bruik word as daar weens een of an­der pro­bleem ver­de­re sti­mu­lus be­no­dig word om te voor­kom dat die wê­reld­e­ko­no­mie in ’n vol­gen­de Groot Re­ses­sie of De­pres­sie be­land? Ren­te­koer­se kan se­ker nog ver­der ver­laag word en ver­der ne­ga­tief raak, maar sal dit die no­di­ge uit­wer­king hê?

Fis­ka­le be­leid kan wel in som­mi­ge lan­de, soos die VSA en Duits­land, meer sti­mu­le­rend wees, maar dit sal ten bes­te van ’n be­perk­te om­vang wees.

Uit­ein­de­lik word ver­wag dat se­ke­re struk­tu­re­le ver­an­de­rings nood­wen­dig sal moet plaas­vind om groei te sti­mu­leer. In die ge­val van Ja­pan en Eu­ro­pa kan die ar­beids­be­de­ling aan­sien­lik min­der be­per­kend wees en Ja­pan­se vroue kan baie meer in die ar­beids­mark be­nut word. Die groot­ste on­der­lig­gen­de Ja­pan­se pro­bleem is die ver­ou­de­ren­de en krim­pen­de be­vol­king waar­aan op kort ter­myn min ver­an­der kan word, be­hal­we om im­mi­gra­sie aan te moe­dig.

In Suid-A­fri­ka kan die fis­ka­le be­leid nie meer die e­ko­no­mie sti­mu­leer nie en sal die be­leid eer­der meer be­per­kend word. Ter­self­der­tyd is mo­ne­tê­re be­leid stram­mer en sal dit meer be­per­kend word na­ma­te in­fla­sie ver­der styg. (On­ge­luk­kig sal die ho­ër ren­te­koer­se nie die im­pak van die droog­te op die in­fla­sie­koers ver­min­der nie en word die rand eer­der deur in­ter­na­si­o­na­le en po­li­tie­ke ont­wik­ke­lings as deur ren­te­koers­ver­ho­gings be­ïn­vloed.)

In­dien die groei­po­ten­si­aal ver­hoog en die in­fla­sie­koers be­perk moet word, lê die op­los­sing vir die pro­ble­me weer eens in struk­tu­re­le ver­an­de­rings, naam­lik: ) Die ar­beids­be­de­ling; ) Die on­der­wys- en op­lei­ding­sek­tor;

) Die be­per­king van staats­in­men­ging in die to­ta­le e­ko­no­mie;

) Die ver­min­de­ring van romp­slomp;

) Die ver­min­de­ring van die ge­tal mi­nis­ters en ad­junk­mi­nis­ters, as­ook die ver­min­de­ring van die ge­tal staatsamptenare van die sen­tra­le tot die plaas­li­ke re­ge­ring;

) Die ver­be­te­ring van in­fra­struk­tuur en die ver­be­te­ring van die diens wat deur E­s­kom, Trans­net en an­der o­pen­ba­re on­der­ne­mings ver­skaf word;

) Die be­kam­ping van staats­uit­ga­wes, as­ook kor­rup­sie en ver­mor­sing in al­le sek­to­re; en

) Die daar­stel van ’n sta­bie­le po­li­tie­ke om­ge­wing.

Die moont­lik­heid om hier­die struk­tu­re­le ver­an­de­rings voor die plaas­li­ke ver­kie­sing of voor die pre­si­dents­ver­an­de­ring in 2019 deur te voer, is ui­ters skraal. Die e­ko­no­mie sal dus teen die hui­di­ge slak­ke­pas voort­ploe­ter tot­dat daar ’n struk­tu­re­le po­li­tie­ke ver­an­de­ring plaas­vind.

Dit be­te­ken dat sa­ke­on­der­ne­mings kos­tes sal moet be­heer en be­stuur om in moei­li­ke om­stan­dig­he­de te oor­leef en te flo­reer, ter­wyl huis­hou­dings hul in­kom­ste en uit­ga­wes met groot om­sig­tig­heid sal moet han­teer in ko­men­de ja­re. )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.