Bou­werk aan BMW­aan­leg be­gin

Beeld - - Sakenuus -

Jo­han­nes­burg. – Bou­werk het Don­der­dag aan die nu­we bak­werk­aan­leg by BMW se Ross­lyn-mon­teer­baan in P­re­to­ria be­gin.

Dit is deel van die be­leg­ging van R6 mil­jard wat BMW in die mon­teer­baan doen, spe­si­fiek om die nu­we ge­ne­ra­sie X3 te ver­vaar­dig.

Bou­werk sal na ver­wag­ting teen die eer­ste helf­te van 2017 klaar wees en sal dan ge­volg word deur die in­stal­la­sie van toe­rus­ting en ’n toets­tyd­perk, waar­na die werk­win­kel in ge­bruik ge­neem sal word.

Die werk­win­kel sal ’n op­per­vlak­te van 26 000 m² be­slaan – am­per 50% gro­ter as die hui­di­ge een van 17 000 m². On­ge­veer 300 ro­bot­te gaan in die werk­win­kel in­ge­span word.

Die eer­ste sooi vir die bou­werk is deur Tim Ab­bott, uit­voe­ren­de hoof van BMW in Suid-A­fri­ka en A­fri­ka suid van die Sa­ha­ra, en M­z­wan­di­le Ma­si­na, ad­junk­mi­nis­ter van han­del en ny­wer­heid, ge­spit.

Die BMW 3-reeks-se­dan wat by Ross­lyn ver­vaar­dig word, gaan ver­skuif word na een van die maat­skap­py se an­der aan­leg­te om die ver­vaar­di­ging van die nu­we­ge­ne­ra­sie-X3 daar moont­lik te maak.

S­te­fan Hu­el­sen­berg, aan­leg­be­stuur­der, Tim Ab­bott, uit­voe­ren­de hoof van BMW in Suid­A­fri­ka, en M­z­wan­di­le Ma­si­na, ad­junk­mi­nis­ter van han­del en ny­wer­heid, word deur kin­ders van BMW se werk­ne­mers ge­help om die eer­ste sooi te spit vir die nu­we bak­werk­aan­leg in Ross­lyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.