Si­li­ko­se­ly­ers kan tot 4 jaar wag vir be­ta­ling

Beeld - - Sakenuus -

Voor­ma­li­ge myn­wer­kers wat ’n R500 mil­joen-eis teen Ang­lo A­me­ri­can en Ang­loGold As­han­ti ge­wen het weens long­siek­tes wat hul­le ont­wik­kel het, sal tot vier jaar moet wag voor­dat hul­le ten vol­le ver­goed sal word.

Die oud­goud­myn­wer­kers sal eers me­dies ge­ë­va­lu­eer word en ge­kom­pen­seer word af­han­gen­de van of hul­le si­li­ko­se of si­li­ko-tu­ber­ku­lo­se het en hoe erns­tig dit is, sê Leigh Day, die Lon­den­se regs­fir­ma wat die saak na- mens 4 365 voor­ma­li­ge werk­ne­mers en fa­mi­lie­le­de van men­se wat ge­sterf het, be­har­tig het.

“In­di­vi­due wat wel aan si­li­ko­se ly, gaan ver­skil­len­de be­drae ont­vang en daar is nie ’n stan­daard­ver­goe­dings­pak­ket nie,” be­ves­tig die fir­ma.

“Die men­se wat wel po­si­tief ge­di­ag­no­seer word, gaan ’n aan­vank­li­ke uit­be­ta­ling ont­vang, maar kan moont­lik la­ter nog geld kry na­dat al­mal ge­ë­va­lu­eer is,” sê die fir­ma.

Leigh Day ver­wag dat dit tus­sen drie en vier jaar gaan duur voor die pro­ses af­ge­han­del is.

Die myn­wer­kers het tot ’n oor­een­koms ge­kom met die myn­maat­skap­pye, wat nie aan­spreek­lik­heid er­ken het nie.

In ’n af­son­der­li­ke saak het voor­ma­li­ge myn­wer­kers van­dees­maand toe­stem­ming ge­kry om ’n groep­ge­ding teen 32 myn­maat­skap­pye aan­han­gig te maak weens on­ge­son­de werk­om­stan­dig­he­de wat tot long­siek­tes ge­lei het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.