Al­lo is Google se ant­woord op W­hat­sApp

Beeld - - Geklassifiseerd - Hanlie S­tad­ler

Al­lo . . . Is it me you’re look­ing for?

Dit is dalk ’n ge­pas­te lied­jie vir Google, wat van­dees­week ’n bood­skap-app be­kend ge­stel het wat baie her­in­ner aan W­hat­sApp. Maar die app ie­mand sal op­spoor, is ’n ope vraag.

Al­lo is Google se so­veel­ste po­ging om die so­si­a­le me­dia te be­tree na­dat Google+ se Hangouts, wat soort­ge­lyk is aan Fa­ce­book, die on­der­spit ge­delf het. Van­te­vo­re het Google Talk en Buzz ook mis­luk.

Google sê Al­lo gaan “ge­sprek­ke mak­li­ker, meer pro­duk­tief en meer uit­druk­kings­vol” maak.

Wat dit van W­hat­sApp on­der­skei, is die “Google-as­sis­tent”, wat met jou ge­sels. As jy by­voor­beeld sê jy is hon­ger, sal die as­sis­tent vir jou voor­stel­le van na­by­ge­leë re­stau­ran­te gee.

Dit be­te­ken jy hoef nie uit die bood­skap-app te gaan om op Google of ’n an­der soek­en­jin te gaan soek na iets nie. Jy ge­bruik bloot die naam @google om die as­sis­tent se hulp in te roep.

Kuns­ma­ti­ge in­tel­li­gen­sie of­te­wel klets­bot­te is hier die gons­woord – ook iets waar­op Fa­ce­book al hoe meer be­gin fo­kus.

Al­lo het ook ’n “S­mart Re­ply”-funk­sie wat jou help om op bood­skap­pe te re­a­geer son­der om ’n en­ke­le woord te tik. Die app leer met­ter­tyd wat­ter soort bood­skap jy uit­stuur en stel re­ak­sies in jou skryf­styl voor.

“Ink” gee jou die ver­moë om bo-op fo­to’s te krab­bel en jou kre­a­ti­wi­teit ten toon te stel.

Dank­sy “W­his­per S­hout” kan jy iets spreek­woor­de­lik har­der of sag­ter sê deur met ’n en­ke­le vee jou teks­groot­te te ver­an­der.

Die nu­we app sal oor die vol­gen­de paar maan­de op so­wel iOS vir Ap­ple-toe­stel­le as An­droid be­kend ge­stel word. Dit sal slegs op slim­fo­ne be­skik­baar wees.

Jy sal jou Google-re­ke­ning aan Al­lo kan kop­pel, maar is nie ver­plig om dit te doen nie.

Teg­no­lo­gie­skry­wers is al­les­be­hal­we op­ge­won­de oor Al­lo. The Ver­ge sê daar is nie juis iets in­no­ve­rends aan Al­lo nie: “Al die ei­en­skap­pe is niks meer nie as ven­ster­ver­sie­rings vir ’n app wat meer soos ’n stra­te­gie­se nood­saak voel as ’n pro­duk waar­oor ge­brui­kers pas­sie­vol sal wees.”

Die groot toets sal wees of Al­lo ge­brui­kers hoe­ge­naamd sal kan oor­tuig om oor te ska­kel van W­hat­sApp, Fa­ce­book Mes­sen­ger of e­ni­ge an­der bood­skap­diens wat hul­le tans ge­bruik.

Meer as 1 mil­jard men­se wê­reld­wyd ge­bruik W­hat­sApp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.