Laat staan die vlieg­tuig­kos, bring pad­kos

Beeld - - Kommentaar -

S­naaks hoe die ge­skie­de­nis hom al­tyd her­haal. Wy­le oom Hen­drik S­choe­man (daai ja­re mi­nis­ter van ver­voer), wat in 1983 in die par­le­ment aan sy kol­le­gas wat ge­kla het oor die he­mel­hoë vlug­pry­se ge­sê het hul­le moet be­sluit of hul­le wil vlieg of vreet, sou dit baie ge­niet het om ver­le­de Woens­dag saam met my op die vlieg­tuig te kon wees.

Ja-nee, oom Hen­drik, se­dert 1983 was vlieg­tuig­kos nog nooit weer my groot­ste be­weeg­re­de om te vlieg nie. Jy slaan mos vol ver­wag­ting daai ta­fel­tjie voor jou af met die kwyl wat weers­kan­te uit jou mond­hoe­ke drup (dis nou as jy die ou ta­fel­tjie oor jou knie­kop­pe en pens kan kry). Net om ge­kon­fron­teer te word met ’n pak­kie neu­te wat in sui­ker ge­rol is, twee tjok­lits wat jy maar vir jou kin­ders vat (of jou hon­de) en ’n droë brood­rol­le­tjie met eer­gis­ter se ver­traag­de vlug se slaai­blaar op.

Jy s­kaam jou mors­dood voor die bui­te­lan­ders wat hul nek­ke so in die paad­jies af ver­rek om te kyk wan­neer die hoof­ge­reg dan nou een­dag kom. Ek het al lus ge­kry om ’n ou­tyd­se piek­niek­mand­jie (met p­lês­tiek­bor­de en al) te pak wan­neer ek weer vlieg. Een met lek­ker ge­kook­te ei­ers, frik­ka­del­le en koue hoen­der­boud­jies wat ek aan die volks­vreem­des kan uit­deel.

A nee a, wat moet hul­le dink van ons ar­moe­dig­heid?

Maar te­rug na my en oom se vlug ver­le­de week. Om meer pre­sies te wees, Ve­sel­per­ske vlug JE 158 van Slaap­stad na O.R. S­muts wat 17:15 sou op­styg. So 15 mi­nu­te ná op­styg­tyd kon­dig die kap­tein re­de­lik moe­de­loos aan dat ons nie op­styg nie om­dat ons wag op die spy­se­niers om ons pad­kos te bring. Nie­mand weet hoe lank dit kan vat nie en die man­ne be­gin erg brom om my.

Ek weet vrou­lief sit by die huis op my en wag met bees­stert, ge­bak­te aar­tap­pels en pam­poen­tert en die vol­gen­de oom­blik hoor ek my­self in my bes­te In­gels bul­der: “Let’s flies, we’ll gra­ze at ho­mes!”

Nog be­neuk­te stem­me skaar hul­le by my en die vol­gen­de oom­blik kon­dig die kap­tein aan dat ons gaan stem oor die ou sa­kie.

En toe sien ek wat­ter won­der­li­ke ding de­mo­kra­sie is (so­lank ons dit net uit die han­de van die po­li­ti­ci kan hou). Wie stem daar­voor dat ons son­der pad­kos in die lug moet val? ’n See van han­de. Wie daar­teen? Net twee sul­ke ma­er jong ou­ens wat nie vrou of mei­sie het wat kos­maak nie.

En daar trek ons! Ek glo die kap­tein se vrou het ook bees­stert ge­kook, want toe ons op oom Ol­lie Tam­bo se aan­loop­baan land, is ons tien mi­nu­te vroeg. Hy’t hom so vin­nig neer­ge­sit dat ek am­per soos Boe­re­wors Nel die lug­waar­din ge­vra het sy moet by die kap­tein uit­vind of ons ge­land het of neer­ge­skiet is.

In elk ge­val, kap­tein, baie dan­kie, jy’s ’n reg­te ou plan­ma­ker!

O ja, sal ie­mand dalk net as­se­blief die twee jong ou­tjies wat saam met my huis toe is vir die bees­stert nou maar kom haal.

Die vol­gen­de oom­blik hoor ek my­self in my bes­te In­gels bul­der: ‘Let’s flies, we’ll gra­ze at ho­mes!’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.