Los rug­by­kom­men­taar

Beeld - - Kommentaar - Sê jou sê: Skryf aan brie­we@beeld.com

Ru­di Hey­mann van Mo­di­mol­le skryf: Ek moes weer die na­week luis­ter na die on­sin­ni­ge ge­ba­sel van die sport­kom­men­ta­tors in die rug­by­wed­stry­de op te­le­vi­sie.

Die ge­dag­te het toe by my op­ge­kom dat daar baie ky­kers is wat na ’n wed­stryd sal wil kyk as­of hul­le in die be­trok­ke s­ta­di­on is: net die ag­ter­grond­ge­lui­de, die fluit­jie en skeids­reg­ter se woor­de, son­der die kom­men­ta­tor se ge­gil, ver­al as ’n op­win­den­de be­we­ging aan die gang is. Laat die op­win­ding aan die ky­ker oor.

Ek wil voor­stel dat Su­perS­port ’n ka­naal skep daar waar hul­le meer­vul­di­ge taal­ka­na­le aan­bied waar ons ook na die sport­ge­leent­heid kan kyk son­der die aan­hou­den­de ge­praat van die so­ge­naam­de ken­ners, of lie­wer be­ter­we­ters, ver­al wan­neer toe­skou­ers wil hoof wat die skeids­reg­ter sê.

Ek per­soon­lik is al keel­vol vir die ge­raas van ’n Ko­bus Wie­se, Toks van der Lin­de en wie nog al­mal.

Die toe­skou­ers is nie al­mal ape wat week ná week van die spel ge­leer moet word nie.

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.