Boe­tes in Mo­sam­biek hou ons tuis

Beeld - - Kommentaar -

Ger­rie van Wyk skryf: Ek ver­wys na Pie­ter Gro­bler se brief “Bly weg uit Mo­sam­biek” ( Beeld, 12 Mei) en na D­ri­veMoz se re­ak­sie “Daar is hulp vir mo­to­ris­te” (18 Mei).

Die per­soon wat na­mens D­ri­veMoz ge­ant­woord het, woon b­lyk­baar nie in Mo­sam­biek nie, want al­les wat hy sê, dui daar­op. Ons wat daag­liks moet ry, word ge­mid­deld so ses keer per dag ge­stop, want el­ke 3 km is ver­keers­be­amp­tes. Jy word be­boet om­dat jy dan nou kwan­suis op ’n ge­vaar­li­ke plek ge­stop het. Dan word daar vir jou ge­sê jy kan hom/haar 1 000 me­ti­cal gee of jy kan die boe­te van 4 000 me­ti­cal be­taal. Dit gaan nou al so erg dat ons net dood­een­vou­dig nie meer kans sien om ie­wers heen te ry nie.

Wat my dronk­slaan, is die feit dat die re­ge­ring nie be­wus is van hier­die toe­stand nie. Hul­le be­sef nie dat dit toe­ris­me en sa­ke na­de­lig raak nie!

D­ri­veMoz pro­beer vu­re dood­slaan, maar ons wat hier woon, weet van be­ter!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.