Wan­neer wraak sy tan­de ge­dul­dig slyp

Ru­die van Rens­burg se jong­ste Kas­sie Kas­sel­man­boek, gaan jou tot laat­aand laat ver­geet die win­ter is op pad, meen Jo Prins.

Beeld - - Boeke -

Mis­daad­fik­sie hier skuil meer as net ’n dwelm­ver­wan­te ver­dwy­ning. Hoe lyk dit dan vir Kas­sie of dit ver­band hou met die twee an­der sa­ke – ’n ont­voe­ring en ’n moord – op sy les­se­naar?

Van die Kaap­se gang­lands tot die Kru­ger­wild­tuin met sy re­nos­ter­stro­pers; tus­sen ’n ver­slons­te Bo­land­se hoe­we met ’n grie­sel­ri­ge vis­dam en die glans-en-skans­wê­reld van die di­plo­ma­sie, moet Kas­sie sy pad voel-voel vind, of Rooi Els se vrou is vis­voer.

Die Bo­land­se hoe­we waar dié grie­sel­ri­ge vis­dam (met die pi­ra­nas in . . .) is, en waar ’n deel van die ak­sie in die ont­kno­ping af­speel, kry, ter­loops, ’n by­ko­men­de eery teks­tuur in ag ge­no­me die on­lang­se op­spraak­wek­ken­de nuus van die moord op die be­jaar­de skry­wer, Win­nie Rust. ’n Mens kyk met an­der oë na Wel­ling­ton . . .

Hier­by, en so saam met die nuus, is Pi­ra­na heer­li­ke be­trok­ke let­ter­kun­de wat die wat en hoe van die slag­ting on­der ons re­nos­ters in bloe­de­ri­ge be­son­der­he­de be­skryf. Ook hoe dié sluik­mark se net­werk in­me­kaar­steek en wie dik­wels aan die stuur staan van dié on­der­duim­se o­pe­ra­sies.

Vir dié na­vor­sing oor die re­nos­ters gee Van Rens­burg ag­ter­in die boek er­ken­ning aan on­der meer Ju­li­an Ra­de­mey­er en dié se boek Kil­ling for Pro­fit: Ex­po­sing the Il­le­gal R­hi­no Horn Tra­de (Ze­bra, 2012).

Ook in die “er­ken­nings”, en vir in­ge­val jy soos ek hier­oor gaan won­der, gee Van Rens­burg spe­si­a­le ver­mel­ding aan die A­me­ri­kaan­se Pi­ra­na-klub­le­de wat hom oor­tuig het “dié spe­sie kan ook on­der se­ke­re om­stan­dig­he­de in ’n Suid-A­fri­kaan­se plaas­dam aan­ge­hou word”. The de­vil is in the de­tail . . . Vir van die skur­ke se di­a­loog bieg Van Rens­burg ook dat hy die koe­rant Son as “styl­gids” in­ge­span het.

Maar dié ju­weel, ver­moed ek, kom uit die skry­wer se eie pen: “Jackal sug. Nog nie eers ’n dag saam met Dam­pies nie en dié hol- bor­sel krap al klaar sy gat­ha­re deur­me­kaar.”

Hier en daar voel dit tog of die lang, ma­er man se goeie ma­nie­re (maar dalk is dit maar net ’n ou­wê­relds­heid) deur­slaan: Die een ka­rak­ter ver­wys na die “seks­daad” en ’n ver­hou­ding wat nie kan “blom” nie; die een se­ni­or po­li­sie­man vloek met “don­ner­wet­ter!” (nou kyk, as jy cops ken . . .) Maar dié jak­kal­sies wat pla is en­ke­les en ver­wa­ter geen­sins die in­tri­ge nie.

Van Ren­surg se vrou­e­ka­rak­ters, Ca­ri­na Vos­loo en Na­ta­sha van der Mer­we, wat met die groot skurk se seun in die bed spring, is – soos Kas­sel­man – ook glad nie die ste­re­o­ti­pe- w­ho­dun­nit- ka­rak­ters nie. Dié twee, al­les­be­hal­we dam­sels in dis­tress, is jag­ters in hul eie reg. Sterk vroue wat gats­kop.

Die fi­na­le ont­kno­ping (son­der om die sto­rie weg te gee . . .) het my ge­wel­dig baie her­in­ner aan die 1995rol­prent The U­su­al Sus­pects (met on­der meer Ga­briel Byr­ne en Ke­vin S­pa­cey). Al wat ek kan sê is: Pa­s­op vir Key­ser S­ö­ze!

Pi­ra­na is ’n heer­li­ke boek wat my saans tot lank ná my huis­men­se bed toe is, voor die vuur aan die lees ge­had het. ) Jo Prins is die re­dak­teur van Boe­ke24.

Vir van die skur­ke se di­a­loog bieg Van Rens­burg ook dat hy die koe­rant as “styl­gids” in­ge­span het.

Fo­to: B­REN­DA VELDTMAN

Ru­die van Rens­burg. Pi­ra­na volg ná die suk­ses van on­der meer Ju­das­kus en Kop­skoot.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.