Storms kán goeie ein­des hê

Beeld - - Boeke -

Kwaai Uil Ker­ryn Pon­ter S­TRUIK KIN­DERS, R60

Kwaai Uil sit op sy tak en kyk hoe die don­ker wol­ke saam­pak.

Hy frons be­hoor­lik soos hy die ko­men­de on­weer dop­hou.

“Dit kan die be­gin van die groot­ste storm van al­le tye wees,” dink Kwaai Uil.

En so gaan dit met jong­ste en kie: Die klein­ste din­ge­tjie is dik­wels so erg dat hul­le ge­woon geen uit­koms sien nie.

Maar dié boe­kie het vin­nig ’n guns­te­ling ge­word en hul­le wérk be­hoor­lik deur die storms.

“Dit moet die groot­ste storm van al­le tye wees,” dink Kwaai Uil. Hy sit stok­siel­al­leen op sy tak, en sy serp en pers sam­breel help net mooi niks.

In ’n sta­di­um, wan­neer weer­lig die arme uil raak­slaan, sien jy selfs sy ge­raam­te. Dan sneeu dit én dit ha­el. Maar wat kom ná al die storms? “Die al­ler­mooi­ste kleure straal uit die wol­ke.” Kwaai Uil het nog nooit iets so moois ge­sien nie. “Dit moet die groot­ste ein­de aan die groot­ste storm van al­le tye wees.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.