Tip­pie die o­li­fant se les­se

Beeld - - Boeke -

Hallo, Tip­pie! Leer my lees Jo­se & Rei­net­te Pal­mer LAPA, R25

As jy, soos ek, ’n mei­sie­kind in gr. 1 het wat be­gin lees, gaan Tip­pie jou wê­reld ver­an­der.

Hallo, Tip­pie! is maar net een van ve­le in Lapa se Leer My Lees-reeks.

El­ke boe­kie be­vat ’n woor­de­skat­lys, ’n lys met die en­kel­voud, meer­voud en ver­klein­woord, be­grips­vrae en ’n blad­sy met “vol­tooi die sin­ne” ge­grond op ’n lees­stuk.

Wat Tip­pie ver­al ook lek­ker maak is, dit voel nie vir jou kind sy of hy leer nie.

Wan­neer ons ses­ja­ri­ge laat­mid­dag uit­ein­de­lik deur haar huis­werk is, blaai sy graag deur ’n Tip­pie.

Die lek­ker klein for­maat (A5) en die hel­der, een­vou­di­ge sket­se blyk ’n vol­maak­te kom­bi­na­sie te wees.

Tel­kens word sleu­tel­let­ters op die voor­blad reg­deur die boek in rooi her­haal, by­voor­beeld in Tip­pie en die boom word die “oo”-klank blad­sy vir blad­sy her­haal.

Die teks is groot ge­noeg en los dat jou kind met self­ver­troue kan sit en klank tot net voor e­tens­tyd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.