Z­war­ries klop El­do’s ná ja­re

Af­fies en Lin­den ook bo in Clas­sic Clash

Beeld - - Sport - Han­nes Nie­na­ber

Die Ho­ër­skool Zwart­kop se eer­ste rug­by­span het ’n droog­te van vyf jaar ge­breek toe hy die Ho­ër­skool El­do­rai­gne met 11-7 in hul jaar­lik­se ENB Clas­sic Clash ver­slaan het.

Met die se­ge het Zwart­kop ook sy kans om tot die Vir­se­ker Beeld­tro­fee se uit­speel­wed­stry­de deur te dring ’n aan­sien­li­ke hup­stoot ge­gee. El­do­rai­gne se kan­se is ook nog le­wend na­dat Cen­tu­ri­on hom ’n guns be­wys het deur die Ho­ër Teg­nie­se Skool John Vor­ster met 23-7 te troef.

El­do­rai­gne het in sy vo­ri­ge wed­stryd ver­ras­send die knie met 12-13 teen HTS John Vor­ster ge­buig.

Zwart­kop moes be­hoor­lik in die laas­te paar mi­nu­te van die wed­stryd keer om El­do­rai­gne van ’n wen­drie te weer­hou.

Z­war­ries se los­ska­kel, Mi­ché Groe­ne­wald, was goud werd vir sy span en het ook al sy span se pun­te aan­ge­te­ken. Die ha­ker, Ru­dan de Lan­ge, en die kap­tein en slot, Mau­ritz Swanepoel, het ook blink ver­to­nings ge­le­wer.

El­do­rai­gne se agt­ste­man, Fran­co van Wyk, het ’n goeie wed­stryd be­leef.

) In die an­der groot Clas­sic Clash in P­re­to­ria het die A­fri­kaan­se Ho­ër Seun­skool sy groot­ste se­ge in 18 jaar oor Wa­ter­kloof be­haal. Af­fies was met 48-14 baas.

Af­fies se bin­ne­sen­ter, Lou­ritz van der S­chyff, is vin­nig be­sig om sy spel­peil te her­win ná ’n rits ver­to­nings van­jaar wat hy lie­wer sal wil ver­geet. Hy het twee keer teen Klo­fies oor die doel­lyn ge­skuif.

) Die Ho­ër­skool Lin­den het Rand­burg in hul Clas­sic Clash met 36-0 be­hoor­lik die loef af­ge­steek. Lin­den se heel­ag­ter, Wi­an de Lan­ge, en die voor­ry­man Zar­co Kil­li­an het die ver­naam­ste rol­le in die se­ge ge­speel.

Kil­li­an het Rand­burg ’n he­le paar keer met sy storm­ram­lo­pies pro­ble­me be­sorg.

Lin­den het Rand­burg ook in die lyn­sta­ne pro­ble­me be­sorg met ver­al die slot Andrew Mur­ray aan die voor­punt. Mur­ray het ook in die los ge­woel en Ru­an Ma­rais, los­ska­kel van die Ho­ër­skool Lin­den se eer­ste rug­by­span, sien die doel­lyn vir hom wink in sy span se oor­tui­gen­de se­ge van 36­0 oor die Ho­ër­skool Rand­burg in die twee span­ne se jaar­lik­se ENB sy trui was na­der­hand so vuil soos dié van ’n oop­kant­flank.

Vir Rand­burg was sy bin­ne­sen­ter, Ryno du Toit, as­ook sy flank Ka­ra­bo A­fri­ka sy bes­te spe­lers.

Rand­burg het die laas­te lag in­ge­kry deur met die Voor­sit­ter­stro­fee as kam­pi­oen van die in­ter­sko­le­stryd weg te stap.

Dié stryd tus­sen die twee sko­le groei jaar­liks met al hoe meer toe­skou­ers wat die wed­stry­de by­woon. Dit is on­ge­twy­feld die groot­ste der­by tus­sen A­fri­kaan­se sko­le van Jo­han­nes­burg.

) Die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen van die Vir­se­ker Beeld­tro­fee vir groot sko­le, Help­me­kaar Kol­le­ge, het op sy tuis­veld in die Goud­stad in ’n vriend­skap­li­ke wed­stryd teen die ma­kro­sko­le­kam­pi­oen­met 24-17 as oor- win­naar van die veld ge­stap.

Hel­pies se Mark Sny­man was ’n groot do­ring in Gar­sies se vlees. Be­ne­wens sy puik werk by die af­breek­pun­te het hy ook twee van sy krag­lo­pies af­ge­rond.

Gar­sies moes wel son­der heel­wat van sy staat­ma­kers, soos die heel­ag­ter, Ab­ner van Ree­nen, en die skrum­ska­kel, Em­bro­se Pa­pier, klaar­kom. Van Ree­nen dien ’n skor­sing van agt we­ke uit, ter­wyl Pa­pier by die Jong Bok­kies is.

Gar­sies se agt­ste­man, Lu­ke For­tuin, en die vleu­el E­mi­lio A­do­nis kan wel te­vre­de met hul ver­to­nings voel.

Fo­to: MA­RI­US NORTJÉ

Clas­sic Clash.

Fo­to: H&M FO­TO­GRA­FIE

Mi­ché Groe­ne­wald, los­ska­kel van Zwart­kop, was sy skool se held toe hy al sy span se pun­te in hul oor­win­ning van 11­7 oor El­do­rai­gne aan­ge­te­ken het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.