G­rie­kwas wys ka­rak­ter om Bul­le te klop

‘Soos ’n ek­stra wed­stryd wen’

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Bloem­fon­tein. – Skryf maar ge­rus “7 uit 7” waar daar staan “ge­speel en ge­wen” ag­ter G­rie­kwas se naam.

Hoe­wel hul­le by tye “non­sens aan­ge­jaag het”, het die Pou­blou­es goeie ka­rak­ter ge­wys om die Blou Bul­le Sa­ter­dag in Kim­ber­ley met 39-38 te klop.

Hul­le het so­doen­de hul sesde bonuspuntsege, en al­ge­heel se­wen­de, in die Pro­vin­si­a­le Reeks be­haal en sit ge­mak­lik bo­aan die pun­te­lys met 34 liga­pun­te.

G­rie­kwas het soms sa­ke vir hul­self be­moei­lik en moes in die laas­te tien mi­nu­te ’n ag­ter­stand van 11 pun­te uit­wis om die wed­stryd deur te hak.

Dít het hul­le ge­doen toe die plaas­ver­van­ger-los­ska­kel, C­lin­ton Swart, en die reg­ter­vleu­el en kap­tein, AJ Coert­zen, gaan druk het.

“Toe ons reg ge­speel het, het ons drieë ge­druk, maar ons het ook baie non­sens aan­ge­jaag,” het Pe­ter Eng­le­dow, af­rig­ter van die Pou­blou­es, ge­sê.

Hy het sy span se ka­rak­ter om die knoop in die laas­te tien mi­nu­te deur te hak, ge­loof.

“Ons is baie te­vre­de. Ons het nou ses bo­nus­pun­te in se­we wed­stry­de – dis soos om ’n ek­stra wed­stryd te wen.

“Ons aan­val­len­de spel ont­wik­kel goed en ons druk drieë. Ons moet net aan­hou om goed te doen,” het Eng­le­dow ge­sê.

Hy het die spel van sy bin­ne­sen­ter, Johna­than Franc­ke, uit­ge­son­der. Franc­ke het twee drieë in dié wed­stryd ge­druk.

Wat die teen­stan­ders be­tref, meen Eng­le­dow hul­le is werk­lik ’n goeie span en sal goed vaar hoe meer hul­le saam speel. Hy het ge­sê die Bul­le se flank, Roe­lof S­mit, het goed ge­speel.

S­mit het ’n drie­kuns aan drieë be­haal en aan die tuis­span hoof­bre­kens be­sorg by die af­breek­pun­te.

Die span van Kim­ber­ley se vol­gen­de sen­ding gaan al­ler-

P

mins ’n maklike een wees. Hy speel Sa­ter­dag teen die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie op Nu­we­land.

Die WP het nog net een wed­stryd van­jaar ver­loor en is der­de op die pun­te­lys met 23 liga­pun­te, ge­volg deur die Bo­land- Ka­va­liers met 25 pun­te.

“Ons sal na ons skrum­werk moet kyk, ons het baie straf­skop­pe daar af­ge­staan. Ons moet ook rol­maal­be­we­gings be­ter stop­sit,” het Eng­le­dow ge­sê.

) In Wel­kom het die G­rif­fons die Grens Bul­l­dogs Sa­ter­dag met 34-23 ge­klop.

Die Per­ses het ’n bo­nus­punt in die pro­ses ver­dien en be­vind hul­le in die sesde plek op die pun­te­lys met 19 pun­te ná ses wed­stry­de.

Fo­to: GALLO IMAGES

Die G­rie­kwas se plaas­ver­van­ger­los­ska­kel, C­lin­ton Swart, was Sa­ter­dag een van hul groot uit­blin­kers teen die Bul­le.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.