Da­wie in sy skik met sy Ju­ni­or Bok­kies

Beeld - - Sport - – Fran­cois de Wet

Kaap­stad. – Die Ju­ni­or S­pring­bok­ke sal be­slis met sak­ke vol self­ver­troue by die Ju­ni­or Wê­reld­be­ker-toer­nooi in Man­ches­ter, En­ge­land aan­tree ná drie oor­win­nings in so­veel oe­fen­wed­stry­de.

Die Bok­kies het die Suid­wes­te­li­ke Dis­trik­te Sa­ter­dag in Oudts­hoorn met 58-14 ge­klop.

Hul­le het vroe­ër ook die Ma­ties en ’n Goue Leeusspan be­staan­de uit o.19en o.21-spe­lers ore aan­ge­sit.

Die Ju­ni­or Wê­reld­be­ker­toer­nooi word van 7 tot 25 Ju­nie af in Man­ches­ter be­slis.

Da­wie T­heron, af­rig­ter van die Bok­kies, het ge­sê hy is baie te­vre­de met sy span se ver­to­nings.

“Ons het goed ge­vaar in die skrums, die ver­de­di­ging was rots­vas en ons het met oor­ga­we aan­ge­val. Dit is al­les goed waar­na ons ge­streef het in die op­bou tot die toer­nooi.”

T­heron is ook baie te­vre­de dat sy span min­der han­teer­fou­te in die laas­te oe­fen­stryd ge­maak het.

“Ons het baie han­teer­fou­te teen Ma­ties be­gaan en die ver­be­te­ring was dui­de­lik sig­baar teen die SWD.

“Ons het ook die mees­te van ons kan­se ge­bruik om pun­te aan te te­ken,” het hy ge­sê.

Vol­gens T­heron sal sy span bie­tjie be­ter moet wees wan­neer hul­le in En­ge­land teen van die bes­te ju­ni­or span­ne in die wê­reld speel.

“Ek is trots op die spe­lers, want ons het nou ’n grond­slag ge­skep van waar ons kan ver­be­ter.”

Die Bok­kies se eer­ste wed­stryd is op 7 Ju­nie teen Ja­pan, waar­na hul­le teen Ar­gen­ti­nië (11 Ju­nie) en Frank­ryk (15 Ju­nie) speel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.