Kings meer arm­las­tig as a­del teen Haaie

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Dur­ban. – Die­ge­ne wat glo die Sout­hern Kings hoort nie in die Su­per­rug­by-reeks nie, het Sa­ter­dag nog am­mu­ni­sie ge­kry met die Haaie se weg­hol­se­ge van 53-0 hier op Kings­park.

Dit is ver­al Doer On­der, waar daar nou al lank­al ge­kla word dat Suid-A­fri­ka nie ge­noeg ta­lent het om ’n sesde span in Su­per­rug­by te reg­ver­dig nie, waar hier­die tel­ling net een kyk ge­gee sal word en dan ge­sê sal word: “Wat het ons jul­le ver­tel.”

Die Kings was ver­al in die eer­ste helf­te só swak dat jy eint­lik nie kan oor­deel hoe goed die Haaie werk­lik was nie.

Die wen­span se drie­kwar­te het wel die bes­te ge­lyk wat hul­le nog dié sei­soen op die aan­val was, maar soms het die Oos-Ka­pe­naars vir hul­le ’n e­re­wag ge­vorm op pad doel­lyn toe.

Die Kings was veel eer­der arm­las­tig as wat hul­le a­del was.

In die t­wee­de helf­te, na­dat hul­le reeds met 0-43 ag­ter was, het din­ge veel be­ter ge­gaan en met El­gar Watts op los­ska­kel. Daar was toe da­rem ie­mand wat be­reid was om die spe­lers aan sy bui­te­kant ook te be­trek.

Maar dit was ook ’n ge­val dat die Haaie in die laas­te 40 mi­nu­te af­ge­ska­kel het en so ef­fe in­ge­dut het.

“Ons was kli­nies nie so goed in di t­wee­de helf­te soos ons moes nie,” het Ga­ry Gold, die Haaie-af­rig­ter, er­ken.

“In die eer­ste helf­te het ons pre­sies ge­speel soos wat ons be­plan het deur nie in ’n arm­druk­ses­sie be­trok­ke te raak nie. Ons het sa­ke toe goed be­heer.

“Tog het die Kings nooit op­ge­gee nie en goed te­rug­ge­kom in die t­wee­de helf­te. Ons lyn­sta­ne was ook glad nie goed in die t­wee­de helf­te nie. Ons het as ’n span rig­ting ver­loor,” sê Gold.

Hy er­ken die te­rug­keer van Pa­trick Lam­bie as los­ska­kel maak ’n groot ver­skil.

“Ek dink ons het in die ver­le­de din­ge ge­kom­pli­seer, want as jy dit een­vou­dig hou op die aan­val, werk dit be­ter. Dis won­der­lik om Pat te­rug te hê,” sê Gold.

’n Keer­punt was toe die Haaie met 8-0 voor was en die Kings sterk aan­ge­val het. Lam­bie het ’n wil­de aan­gee on­der­skep en ver ge­na­el het voor­dat hy Paul Jor­daan oor­ge­stuur het vir die drie.

Dit het die bo­dem laat uit­val vir die Kings en hul­le het eers weer in die t­wee­de helf­te tot ver­haal ge­kom.

Die Haaie het agt drieë ge­druk, die mees­te nog deur hul­le in ’n wed­stryd, maar dit was slegs die t­wee­de keer hier­die sei­soen dat hul­le ’n drieë-bo­nus­punt kon kry – al­bei teen die Kings.

Fo­to: GALLO IMAGES

By­na! L­wa­zi M­vo­vu duik oor die doel­lyn, maar die drie is nie toe­ge­ken nie in Sa­ter­dag se Su­per­rug­by­wed­stryd tus­sen die Haaie en Sout­hern Kings op Kings­park.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.