‘Su­per­rug­by nie vir sis­sies’

Jong Kir­sten se toe­koms lyk blink

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

P­re­to­ria. – Dit is ’n son­de om op Lof­tus Vers­feld te ver­loor. Ver­al as dit teen die S­tor­mers is.

Jannes Kir­sten, die Bul­le se vuurvreter-flank, was be­skeie, maar reg­uit toe hy Sa­ter­dag­aand oor sy in­klim-ver­to­ning op Lof­tus uit­ge­vra is.

Nol­lis Ma­rais, die hoof­af­rig­ter, het in die op­bou tot die Su­per­rug­by-ont­moe­ting sy spe­lers ge­vra om hul­le ly­we op die spel te plaas en die S­tor­mers voos te duik.

Die 22-ja­ri­ge Kir­sten het nie op hom laat wag nie.

Hy was ’n ko­los op die ver­de­di- ging en die Ka­pe­naars moes hul­le keer ken wan­neer die be­baar­de rooi­kop die bal on­der die arm ge­sit het.

Hy is een­pa­rig as die Spe­ler van die Wed­stryd aan­ge­wys.

“Ek hou nie van ver­loor nie en die S­tor­mers is be­slis nie my guns­te­ling­span nie. Dit was ’n be­lang­ri­ke wed­stryd vir ons en ons het baie ge­had om te be­wys.

“Co­ach Nol­lis was hard op ons die af­ge­lo­pe week en ons wou hom nie in die steek laat nie,” het Kir­sten ge­sê.

Jy sou dink Kir­sten is groot­pra­te­rig met sul­ke uit­la­tings, maar al­les­be­hal­we.

Hy is ne­de­rig en pre­ten­sie­loos en ver­kies eint­lik om op die veld sy praat­werk te doen.

Ma­rais het breed ge­glim­lag oor dié oud-Af­fie se ver­to­ning.

“Ek ken Jannes al van 16 af. Hy be­sef eint­lik nie hoe goed hy is nie. Jy kry nie som­mer ie­mand wat har­der werk as hy nie en sy ver­to­ning was mas­sief,” het Ma­rais ge­sê.

Kir­sten sê hy is on­kant be­trap toe hy aan die be­gin van die sei­soen ge­kies is om sy Su­per­rug­by­de­buut te maak.

“Ek was groot­oog op Nu­we­land, maar as jy in sul­ke si­tu­a­sies be­land, lig dit jou spel­peil. Su­per­rug­by is taai en jy be­sef gou dit is nie ’n plek vir sis­sies nie.”

Kir­sten sê hy wil graag voort­bou op dit wat sy ou­er broer, F­rik, vroe­ër by die Bul­le be­reik het.

F­rik, wat aan die ein­de van die 2013-sei­soen saam met die S­pring­bok­ke ge­toer het, moes die vol­gen­de sei­soen weens ’n nek­be­se­ring sy rug­by­loop­baan vaar­wel toe­roep. Dié stut het die Bul­le van 2008 tot 2014 in 34 Su­per­rug­by- en 47 Cur­rie­be­ker-wed­stry­de ver­teen­woor­dig.

“Dit sou spe­si­aal ge­wees het as ek en F­rik saam vir die Bul­le kon speel. Hy is een van my groot­ste on­der­steu­ners.”

Kir­sten is be­stem vir groot rug­by, maar die diep­te on­der die los­voor­spe­lers in Suid-A­fri­ka was nog al­tyd oor­da­dig.

Op grond van sy werk­e­sel-ver­to­nings is Kir­sten min­stens ’n sterk kan­di­daat om vol­gen­de maand vir die Suid-A­fri­kaan­se A-span teen En­ge­land se Saxons te speel.

Dit is nou as Al­lis­ter Coet­zee nie gro­ter plan­ne vir hom het nie.

) Ma­rais het ook sy jong slot­paar, RG Sny­man en Ja­son Jen­kins, se lof be­sing. Ver­al Sny­man was dui­de­lik gre­tig om hom teen die S­tor­mers se E­ben Et­ze­beth en Pie­ter-S­te­ph du Toit te meet.

“Ek het voor­af vir RG en Ja­son ge­sê as hul­le op die hoog­ste vlak wil mee­ding, dan moes hul­le dit van­aand (Sa­ter­dag­aand) doen.

“En jy moet dit week ná week kan doen. Ek dink hul­le was uit­ste­kend.”

IMAGES Fo­to: GALLO

Die Bul­le­flank Jannes Kir­sten (links) het ge­luis­ter toe sy af­rig­ter ge­vra het hy moet sy lyf op die spel plaas teen die S­tor­mers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.