El­ton is méér as net ’n skop­skoen

Beeld - - Sport - Heinz S­chenk

Jo­han­nes­burg. – As die le­gen­da­rie­se Dan Car­ter ’n paar stel­skop­pe ver­brou het, sou die All Blacks nie skie­lik in­een­ge­stort het nie. En as El­ton Jan­tjies aan­staan­de maand teen die Ie­re een of twee keer skeef kor­rel, sal die S­pring­bok­ke ook nie hul kan­se om pun­te aan te te­ken, on­be­nut laat nie.

Daar­van kan Jo­han Ac­ker­mann, die Leeus-brei­er, vir Al­lis­ter Coet­zee, sy na­si­o­na­le e­we­knie, ver­se­ker.

“El­ton is ge­reed om weer toets­rug­by te speel,” het Ac­ker­mann ge­sê na­dat sy ster­los­ska­kel ’n groot aan­deel in die Jo­han­nes­bur­gers se oor­win­ning met 52-24 oor die Ja­gua­res ge­had het.

“Hy is fi­siek, wys voort­du­rend sy on­der­ne­mings­gees en le­wer soms tak­tie­se skop­werk van die hoog­ste ge­hal­te. As hy ’n lid is van die S­pring­bok-groep, kan die af­rig­ting­span hom ten vol­le ver­trou.”

Jan­tjies se skop­werk pa­le toe is in die soek­lig ná hy die af­ge­lo­pe na­week twee straf­doe­le, ’n doel­skop én ’n skep­doel­po­ging ge­mis het.

Teen ’n Ja­gua­res-span wat ui­ters vry­ge­wig op die ver­de­di­ging is, was dit nie die ein­de van die wê­reld nie. Maar op in­ter­na­si­o­na­le vlak, waar ge­leent­he­de aan­sien­lik meer be­perk is, glo baie ’n span kan nie ’n wis­sel­val­li­ge stel­skop­per be­kos­tig nie.

Nie­te­min hou Ac­ker­mann vol die na­si­o­na­le af­rig­ters­korps het niks om oor be­kom­merd te wees as Jan­tjies se skop­skoen hom die dag in die steek laat nie.

“Daar skort niks met El­ton se ver­moë om be­sten­dig te skop nie,” sê hy.

“Suid-A­fri­kaan­se rug­by moet dalk min­der ’n los­ska­kel se stel­skop­werk be­klem­toon. As Dan Car­ter ’n skop of twee pa­le toe ge­mis het, sou hy nie in sak en as ge­wees het nie. Hy sou da­de­lik ver­goed het vir daar­die fou­te met ’n bril­jan­te stuk­kie al­ge­me­ne spel. El­ton is ook só ’n los­ska­kel.”

Jan­tjies se ver­to­ning teen die Ar­gen­ty­ne het ge­tuig van ’n spe­ler wat weet sy af­rig­ting­span ver­trou sy oor­deel.

Om eer­lik te wees,was die 25-ja­ri­ge spel­skep­per nie deur­gaans op sy bes­te nie.

Be­ne­wens sy ver­brou­de stel­skop­pe het hy ’n paar an­der fou­te ook be­gaan. Een van sy dwars­skop­pe na Court­nall S­ko­san het ’n aan­val­len­de be­we­ging in die wie­le ge­ry, hy het ’n af­skop di­rek uit­ge­skop en soms was hy oor­haas­tig met sy be­slui­te op die aan­val.

Tog het dit hom nie in sy dop laat kruip nie. Hy het steeds 53 m veld met lo­pies ge­wen, twee keer ’n ga­ping ge­vind en Cy­le B­rink se drie ge­skep.

En dít is waar­om Ac­ker­mann glo die Bok­ke moet ver­der kyk as Jan­tjies se skop­pe pa­le toe.

“El­ton het van­jaar tel­ke­ma­le ge­wys hoe hy spoe­dig her­stel van die fou­te wat hy be­gaan het,” sê Ac­ker­mann.

“’n Los­ska­kel, ver­al ’n aan­val­len­de een, kan gou self­ver­troue ver­loor as hy ’n paar blap­se be­gaan.

“Nie El­ton nie. Hy wor­stel nie oor sy fou­te nie.”

Fo­to: GALLO IMAGES

El­ton Jan­tjies pro­beer pyp­kan ’n Ja­gua­res­ver­de­di­ger in Sa­ter­dag se Su­per­stryd op El­lis­park.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.