S­tout­seun Ky­r­gi­os al­weer te groot­bek

Beeld - - Sport - Ma­ri­zan­ne Kok

Van een ding kan jy al­tyd se­ker wees: waar Nick Ky­r­gi­os is, spat die von­ke.

Ten­nis se groot­ste s­tout­seun, Ky­r­gi­os, het reeds gis­ter, op die eer­ste dag van die Fran­se Ope-ten­nis­toer­nooi, ge­sorg vir aap­stre­ke en vloer­moe­re, toe sy eer­ste se­ge van die klei­baan-Grand Slam eer­der ge­ken­merk is deur fron­se en gil­le as a­sem­ro­wen­de houe.

Die 21-ja­ri­ge Aus­sie het sy Ope af­ge­skop deur met 7-6 (8/6), 7-6 (8/6), 6-4 oor die I­ta­li­a­ner Mar­co Cec­chi­na­to te se­ë­vier.

Dit was Cec­chi­na­to se eer­ste Grand Slam-wed­stryd ooit, maar hy het ge­wei­er om toe te laat dat die oom­blik te groot raak, en Ky­r­gi­os vir die duur van die stryd met sy kan­nie­dood-hou­ding frus­treer.

Maar dié krag­me­ting sal nie ont­hou word vir Cec­chi­na­to se dap­per­heid of Ky­r­gi­os se ver­moë om die wa deur die drif te trek nie.

Dit is eer­der ge­ken­merk deur een van die Aus­sie se (teen die tyd nie meer on­ver­wag­se) bek­ge­veg­te – dié keer met ’n bal­jog­gie.

Ky­r­gi­os is deur die skeids­reg­ter oor die vin­gers ge­tik na­dat hy ge­gil het op dié seun om vir hom ’n hand­doek te bring.

Die spe­ler het on­mid­del­lik ge­pro­tes­teer: “’n Re­ëloor­tre­ding om­dat ek die woord ‘hand­doek’ te hard ge­sê het? Nou het ek al­les ge­sien,” het hy teen­oor die skeids­reg­ter uit­ge­vaar.

Vol­gens die man in die stoel was dit eg­ter nie die vo­lu­me van Ky­r­gi­os se gil nie, maar die ma­nier waar­op hy dit ge­doen het, wat hom on­ge­mak­lik ge­maak het.

Die eer­ste dag van die Pa­rys-Slam het ook ’n lig­te mis­re­ën op­ge­le­wer, wat die spe­lers se le­wens geen­sins mak­li­ker ge­maak het nie.

Die top-spe­lers het dit eg­ter al­mal oor­kom.

Die elf­de ge­keur­de T­sjeg Lu­cie Sa­fa­ro­va het ’n maklike dag op kan­toor ge­had, met ’n oor­win­ning met 6-0, 6-2 oor die on­ge­keur­de Vi­ta­lia Di­a­t­chen­ko.

Maar din­ge het nie so glad ver­loop nie vir die twee­ma­li­ge Wim­ble­don-kam­pi­oen Pe­tra K­vi­to­va, wat op haar stert­vel­le deur­ge­skuur het na die t­wee­de ron­de.

K­vi­to­va, die tien­de ge­keur­de, het drie stel­le en 136 mi­nu­te no­dig ge­had om ver­by die wê­reld se nr. 59-spe­ler, Dan­ka Ko­vi­nic, te kom.

Dit het diep delf ge­kos voor sy met 6-2, 4-6, 7-5 baas was – en sy was in ’n sta­di­um net ’n paar pun­te weg van ’n vroeë uit­tog.

Die re­ën het uit­ein­de­lik ’n paar spe­lers se plan­ne in die wie­le ge­ry, met die Ja­pan­ner Kei Nis­hi­ko­ri, Rus S­vet­la­na Ku­z­net­so­va en A­me­ri­ka­ner Jack Sock on­der die ge­keur­de spe­lers wat van­dag moet te­rug­keer om hul eer­ste­r­on­de-wed­stry­de te vol­tooi.

Fo­to: GETTY IMAGES

Die Rus S­vet­la­na Ku­z­net­so­va strek al haar spie­re om by die bal uit te kom in haar eer­ste­r­on­de­stryd teen Ya­ros­la­va S­hve­do­va, op die eer­ste dag van van­jaar se Fran­se Ope­ten­nis­toer­nooi. Re­ën het ver­hoed dat dié wed­stryd vol­tooi kon word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.