Bin­der het g’n brie­ke nie

Drie in ’n ry vir SA se jong mo­tor­fiets­sen­sa­sie

Beeld - - Sport - Ma­ri­zan­ne Kok

Jo­han­nes­burg. – Is daar e­nig­iets wat Brad Bin­der se spoed kan breek?

Kru­gers­dorp se 20-ja­ri­ge mo­tor­fiets-sen­sa­sie het gis­ter wéér daar­voor ge­sorg dat die SuidA­fri­kaan­se vlag trots wap­per op ’n Mo­toGP-na­week, toe hy die der­de ag­ter­een­vol­gen­de keer koning ge­kraai het in die Moto3-wê­reld­kam­pi­oen­skap.

Bin­der het op I­ta­lië se Mu­gel­lo-ren­baan suk­ses ge­voeg by die Moto3-se­ges wat hy die af­ge­lo­pe maand in Je­rez, S­pan­je, en Le Mans, Frank­ryk, be­haal het. Ná ses ren­ne in van­jaar se wê­reld­kam­pi­oen­skap is hy die weg­hol­voor­lo­per, met ’n kus­sing van 49 pun­te oor die naas­bes­te ja­er, Jor­ge Na­var­ro van S­pan­je. Bin­der het ná elk van die ses ren­ne op die po­di­um ge­staan, en wys nog geen te­kens dat hy lus is om brie­ke aan te slaan nie.

Sy oor­win­ning gis­ter in I­ta­lië was een waar­voor hy hard moes werk, en hy het sy voor­wiel uit­ein­de­lik net 0.038 se­kon­des voor dié van die I­ta­li­a­ner Fa­bio Di Gi­an­nan­to­nio oor die wen­streep ge­kry.

Die tien voor­ste ja­ers is deur min­der as ’n tien­de van ’n se­kon­de ge­skei.

“Dit was ’n mal, mal ren,” het die jong Wes-Ran­der ná die ren vol­gens Mo­tor­sport.com ge­ju­bel. “Ek was in ’n sta­di­um eer­ste, vir ’n ruk tien­de, agt­ste – dit was moei­lik om kop te hou en (my stra­te­gie) te be­plan. Maar ek was vas­be­slo­te om nie te ver­dwyn nie, want ek wou aan die be­gin van die laas­te rond­te min­stens in die top­drie wees.”

Bin­der se voor­sprong van 49 pun­te is by­na die e­kwi­va­lent van twee se­ges (el­ke oor­win­ning is 25 pun­te werd), maar met net ’n der­de van die kam­pi­oen­skap nou vol­tooi, moet daar nog baie wa­ter in die see loop.

Die jong ster se klein­boet, Dar­ryn, wat net 17 jaar oud is maar ook in die Moto3-kam­pi­oen­skap jaag, het nie die ren vol­tooi nie na­dat hy die eer­ste deel­ne­mer was wat ge­val het. Hy het on­ge­deerd weg­ge­stap, maar geen pun­te ver­dien nie.

Ek was in ’n sta­di­um eer­ste, vir ’n ruk tien­de, agt­ste – dit was moei­lik om kop te hou en (my stra­te­gie) te be­plan.

Fo­to: AP PHOTO

Nog ’n Son­dag, nog ’n sjam­pan­je­bad . . . Die 20­ja­ri­ge Brad Bin­der het gis­ter sy der­de ag­ter­een­vol­gen­de se­ge in die Moto3­wê­reld­kam­pi­oen­skap be­haal toe hy in I­ta­lië ge­se­ë­vier het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.