Sui­ker­soet­oor­win­ning vir M­cIl­roy in Ier­land

Beeld - - Sport - – Eu­ro­pe­an­tour.com

Kil­da­re (Ier­land). – Ro­ry M­cIl­roy van Noord­Ier­land het gis­ter hier sy eer­ste gholf­toer­nooi van die jaar ge­wen toe hy Brad­ley D­red­ge van Wal­lis en Rus­sel K­nox van S­kot­land met drie houe in die Ier­se Ope ge­klop het.

M­cIl­roy (276, 12 houe min­der as die baan­sy­fer) was op die 16de put­jie nog een hou ag­ter K­nox, maar ’n vo­ël­tjie op die 16de en ’n a­rend op die 18de, het hom laat se­ë­vier. Dit was sy eer­ste oor­win­ning op Ier­se bo­dem en slegs sy der­de se­ge in Eu­ro­pa.

Die an­der twee was al­bei in 2014, in die BMW­PGA en B­rit­se Ope.

Hy het die af­ge­lo­pe drie jaar ook die af­sny­punt ge­mis.

Ri­chard S­ter­ne (284) het die bes­te van die Suid­A­fri­ka­ners ge­vaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.