SA at­le­te hol, gooi goud los

Beeld - - Sport - Sa­rel van der Walt

Jo­han­nes­burg. – Suid-A­fri­ka se at­le­te kook in hier­die O­lim­pie­se jaar!

El­roy Ge­lant het gis­ter­aand op die Fan­ny Blan­kers-Koen-by­een­koms in Hen­ge­lo, Ne­der­land, ’n nu­we SuidA­fri­kaan­se re­kord van 13:04.88 in die 5 000 m vir mans op­ge­stel.

En op die Di­a­mant­li­ga-by­een­koms in Ra­bat, die hoof­stad van Ma­rok­ko, het Cas­ter Se­me­nya die 800 vir vroue in ’n puik tyd van 1:56.64 ge­wen. Maar dis nie al nie. Rushwal Sa­maai, SA kam­pi­oen, het op die­self­de by­een­koms in die ver­spring met die lou­e­re weg­ge­stap dank­sy ’n groot sprong van 8.38. Dit e­we­naar sy bes­te af­stand.

Ge­lant het sy goeie vriend S­te­phen Mo­ko­ka se vo­ri­ge SA re­kord van 13:11.44 ver­plet­ter en vier­de ge­ëin­dig. Sy nu­we SA re­kord is so­wat 11 sek. vin­ni­ger as sy vo­ri­ge bes­te tyd van 13:15.87.

“El­roy het in die oe­fe­nin­ge al ge­wys hy is in staat tot ’n tyd van vin­ni­ger as 13 mi­nu­te. Ho­pe­lik kry hy dit van­jaar nog reg,” het Je­an Ver­ster, sy af­rig­ter in Pot­chef­stroom, kort ná die wed­loop ge­sê.

Ver­ster is ook die af­rig­ter van Se­me­nya, ’n voor­ma­li­ge O­lim­pie­se sil­wer­me­dal­je­wen­ner, wat on­danks warm, be­dom­pi­ge en win­de­ri­ge toe­stan­de haar bes­te tyd in baie ja­re ge­hard­loop het.

Dit is boon­op die vin­nig­ste tyd van­jaar in die wê­reld.

Se­me­nya het in 2009 haar bes­te tyd van 1:55.45 ge­hard­loop.

Sy het gis­ter­aand ge­wys sy moet een van die guns­te­lin­ge wees om in Au­gus­tus op die O­lim­pie­se S­pe­le in Rio de Ja­nei­ro, Bra­si­lië, die goue me­dal­je te wen.

Op die­self­de by­een­koms, die eer­ste Di­a­mant­li­ga-by­een­koms nóg in A­fri­ka, het die Ka­pe­naar An­to­nio Al­ka­na die bes­te tyd van sy loop­baan (13.28; wind: 1.3 m/s) in die 110-hek­kies aan­ge­te­ken en der­de ge­ëin­dig. Sy vo­ri­ge bes­te was 13.32. In die 400-hek­kies vir vroue was Wen­da Nel der­de in 54.88 na­dat sy nog t­wee­de was toe die at­le­te die pyl­vak bin­ne­ge­kom het.

“Ek dink ek het teen die wind in te vin­nig be­gin,” het Nel ná die wed­loop laat weet.

Nel se Tuk­kie-span­maat Ca­ri­na Horn was in die 100 vir vroue vier­de in 11.28. Sy was sta­dig uit die blok­ke.

In Hen­ge­lo was Du­mi­sa­ne Hla­se­lo in die 3 000 vir mans agt­ste in 3:37.73. Die Ko­v­sie Ryn­ardt van Rens­burg was vier­de in die 800 vir mans in 1:47.03.

Die 26-j­ri­ge Vic­tor Ho­gan, die SA dis­kus­gooi-kam­pi­oen, was vier­de met ’n gooi van 63.70.

A­lys­sa Con­ley, die SA kam­pi­oen in die 100 en 200 vir vroue, was in die 200 vier­de in 23.17.

Hen­ri­cho Bruin­tjies, die SA kam­pi­oen in die 100 vir mans, is in dié i­tem ge­dis­kwa­li­fi­seer en Dy­lan Cot­ter moes in die ver­spring vir mans met ’n af­stand van 7.36 (sy bes­te is 8.16) te­vre­de wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.