Mi­nuut van Skan­de

2de plek in reeks troos­prys

Beeld - - Sport - Fran­cois de Wet

Kaap­stad. – ’n On­ver­wag­se ne­der­laag teen die on­be­son­ge S­kot­land in die eind­stryd van die Lon­den-se­westoer­nooi het gis­ter heel­wat glans ge­neem van ’n an­der­sins be­vre­di­gen­de na­week vir Suid-A­fri­ka se B­lits­bok­ke.

Die Suid-A­fri­ka­ners kon nie hul Wê­reld­reeks met ’n groot ge­juig af­sluit nie, toe hul har­te met let­ter­lik die laas­te ak­sie van die reeks deur die S­kot­te se Die Fi­fe ge­breek is.

Fi­fe is die man wat twee keer in die laas­te mi­nuut ag­ter die doel­lyn gaan kui­er het om vir sy span ’n na­el­skraap­se se­ge van 27-26 te ver­se­ker.

Maar on­danks die B­lits­bok­ke se Mi­nuut van Skan­de is daar ná die af­slui­ting van die Wê­reld­reeks steeds meer son­skyn as don­ker wol­ke vir hul­le. Hul t­wee­de plek in die reeks be­te­ken ’n guns­ti­ger lo­ting vir die O­lim­pie­se S­pe­le in Au­gus­tus. En in die Lon­den-toer­nooi het hul­le ’n paar waar­de­vol­le les­se ge­leer met die oog op die Rio-skou­spel.

Die B­lit­se kan daar­oor glim­lag dat hul­le hul groot doel­wit vir die sei­soen be­reik het deur t­wee­de te ein­dig.

Fidji is van­jaar se reeks­wen­ner met 181 pun­te, die B­lit­se is t­wee­de met 171, ge­volg deur Nieu-See­land (158).

Deur vir die eind­stryd in Lon­den te kwa­li­fi­seer, het die B­lits­bok­ke ook aan die on­ge­lo­wi­ge T­ho­mas­se ge­wys hul spel­pa­troon kan vir ’n me­da­le in Rio de Ja­nei­ro sorg.

Die B­lit­se was op soek na ’n der­de ti­tel in Lon­den, ná hul­le in 2011 die laas­te keer hier kon wen.

Hul­le was voor die eind­stryd die guns­te­ling vir die ti­tel, dank­sy goeie se­ges op die t­wee­de dag oor Ar­gen­ti­nië (21-19 in die kwart­eind) en Fidji (26-21 in die half­eind).

Maar S­kot­land was in die eind­stryd net hon­ger­der en ak­ku­ra­ter as die B­lit­se, wat heel­te­mal te veel straf­skop­pe af­ge­staan het.

Die B­lit­se was met rus­tyd op die ag­ter­voet, met die tel­ling 10-7 vir die S­kot­te, maar toe Ce­cil A­fri­ka in die t­wee­de helf­te ’n on­der­skep­drie gaan druk vir ’n voor­sprong van 21-10, het dit ge­lyk as­of die Suid-A­fri­ka­ners se er­va­ring die deur­slag sou gee.

Die dra­ma was eg­ter nog nie ver­by nie, met S­kot­land wat dank­sy bril­jan­te in­di­vi­du­e­le spel deur Ja­mes F­le­ming ’n der­de drie gaan druk het.

Ro­sko S­pe­cman se t­wee­de drie het die B­lit­se se voor­sprong weer na 11 pun­te ge­rek, maar dit was nie ge- noeg om die S­kot­te te ver­hoed om in die dood­snik­ke hul eer­ste ti­tel in te palm nie.

Fo­to: GETTY IMAGES

Hart­ver­skeu­rend. . . Die B­lits­bok­ke se kap­tein P­hi­lip Sny­man gooi sy han­de in die lug na­dat S­kot­land sy span se hart ge­breek het met ’n wen­drie in die dood­snik­ke van die eind­stryd van die Lon­den­se­westoer­nooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.