‘In­ter­net het ge­breek,’ skerm M­Net

Beeld - - Front Page - C­har­lea Sie­ber­ha­gen en Ro­zan­ne Els

Hon­der­de aan­han­gers van The Voi­ce SA het gis­ter gal ge­braak om­dat hul stem­me weens teg­nie­se pro­ble­me nie ge­tel kon word nie.

Ri­chard S­tir­ton is as die wen­ner aan­ge­wys na­dat M-Net be­sluit het om nié gis­ter­aand se stem­me in be­re­ke­ning te bring nie.

Net die stem­me wat teen Don­der­dag­aand amp­te­lik ont­vang is – so­wat 1,5 mil­joen – is ge­tel.

La­ni Lom­bard, pu­bli­si­teits­hoof van M-Net, het ge­sê The Voi­ce het “die in­ter­net ge­breek”.

Vol­gens Lom­bard was die ge­tal stem­me wat gis­ter­aand deur­ge­kom het op hul web­werf en hul WeC­hat-plat­form ho­pe­loos te veel.

“Maar om­dat ons ’n deur­sig­ti­ge maat­skap­py is, het ons be­sluit om eer­der te­rug te gaan na die stem­me soos dit Don­der­dag­aand was,” het Lom­bard op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie ná af­loop van The Voi­ce ge­sê.

Daar is ver­le­de Son­dag reeds aan­ge­kon­dig dat net stem­me op WeC­hat en die web­werf vir die top­vier aan­vaar sou word – juis om­dat daar te min tyd is om SMS-stem­me ten ty­de van die reg­streek­se uit­sen­ding te ve­ri­fi­eer.

Lom­bard het gis­ter ge­sê hul­le het voor­heen net pro­ble­me met die SMS’e er­vaar.

“Ons het die ka­pa­si­teit in so ’n ma­te ge­toets dat ons 36 000 stem­me per se­kon­de kon han­teer. Ons weet nie wat ver­keerd ge­loop het nie.

“Ons het vroeg­ty­dig be­sef men­se er­vaar pro­ble­me en het toe da­de­lik be­sluit om na Don- der­dag se stem­me te­rug te gaan. Ons het ge­voel dit is die reg­ver­dig­ste op­sie om nie van­aand (gis­ter­aand) se stem­me te laat tel nie.”

Lom­bard sê S­tir­ton, wat die kom­pe­ti­sie ge­wen het, was baie ge­wild en was ook die top­ver­ko­per op iTu­nes in SuidA­fri­ka. “Ons kan net raai hoe die stem­me van­aand (gis­ter) sou ge­wees het, maar dit sou waar­skyn­lik baie die­self­de ge­wees het.”

Ter­wyl vreug­des­to­ne­le op die ver­hoog af­ge­speel het, was ky­kers op so­si­a­le me­dia die jo­sie in oor die stem­pro­ble­me.

“Dit is die eer­ste en laas­te Voi­ce wat ek sal kyk en on­der­steun,” het Ro­nel du Toit op Fa­ce­book ge­sê.

Lou­i­se Bul­ley het op T­wit­ter ge­sê die uit­slag kon baie an­ders ge­wees as vars stem­me uit­ge­bring is.

R­ho­dia Coet­zer het op Fa­ce­book ge­sê dit sou reg­ver­di­ger ge­wees het as M-Net die stem­tyd ver­leng en die wen­ner vol­gen­de week aan­ge­kon­dig het. “Jy kan nie wen ge­grond op ver­le­de week se ver­to­nings en stem­me nie.”

Par­ty T­wit­ter-ge­brui­kers het ook ge­kla om­dat al vier fi­na­lis­te wit mans is.

#Te­amK­han se S­tir­ton, #Te­amBob­by se Ga­vin Ed­wards, #Te­amKa­ren se Al­mur Ma­rais en #Te­amLi­ra se Je­re­my O­li­vier het me­kaar vroe­ër die aand die stryd aan­ge­sê met ’n ver­skei­den­heid van tref­fers wat van Bon Jo­vi se “Bed of Ro­ses” tot “Don’t Stop Be­lie­ving” van Jour­ney ge­wis­sel het.

) Die stem­fi­as­ko het her­in­ner aan die vyf­de reeks van I­dols SA, toe twee wen­ners weens ’n teg­nie­se pro­bleem in die stem­pro­ses aan­ge­wys is.

Fo­to’s: CORNÉL VAN HEERDEN

Ri­chard S­tir­ton word ge­luk­ge­wens na­dat hy The Voi­ce SA ge­wen het.

Ri­chard S­tir­ton sak in­een van v­reug­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.