Mo­neyGram brei uit in E­kwa­to­ri­aal­Gui­nee

Beeld - - Sake -

Ma­la­bo (E­kwa­to­ri­aal-Gui­nee). – Die geld­oor­drag­diens Mo­neyGram het sy diens in E­kwa­to­ri­aal-Gui­nee uit­ge­brei na die Ban­co Na­ci­o­nal de Gui­nea E­cu­a­to­ri­al (Ban­ge), een van die groot han­dels­ban­ke in die land. Die bank le­wer fi­nan­si­ë­le diens­te aan dui­sen­de kli­ën­te in se­we groot ste­de in die land.

Mo­neyGram-kli­ën­te in E­kwa­to­ri­aal-Gui­nee het nou 15 nu­we plek­ke waar hul­le geld tus­sen fa­mi­lie en vrien­de kan ver­send en ont­vang.

E­kwa­to­ri­aal-Gui­nee is een van die klein­ste A­fri­ka­lan­de en het net 800 000 in­wo­ners. Dit is eg­ter een van die vas­te­land se groot­ste o­lie­pro­du­sen­te en on­der die groot­ste ont­van­gers van bui­te­land­se be­leg­gings. Die be­lang­rik­ste lan­de waar­van­daan geld na fa­mi­lie en vrien­de in die land ge­stuur word, is S­pan­je, A­me­ri­ka en Ka­me­roen. Die mees­te van die uit­waart­se geld­oor­drag­te gaan na S­pan­je.

A­fri­ka is ’n kri­tie­ke mark vir Mo­neyGram, waar hy meer as 30 000 han­dels­pun­te in 50 lan­de het. Saam­ge­stel uit Bloom­berg, ESI A­fri­ca en me­di­a­ver­kla­rings.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.