Rooi lig­te flik­ker vir S­tor­mers se skrum

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Kaap­stad. – Is die S­tor­mers se skrum­kul­tuur daar­mee heen?

Dís die on­ge­mak­li­ke vraag na­dat die Bul­le die Ka­pe­naars Sa­ter­dag in dié vas­te fa­set ver­fom­faai het om die groot Noord/Suid-rug­by­stryd op Lof­tus met 17-13 in hul guns te be­klink.

Ter­wyl die Bul­le na­tuur­lik kre­diet ver­dien vir hul oor­heer­sing in die skrums, is dit nie die eer­ste keer wat die S­tor­mers in van­jaar se Su­per­rug­by-reeks daar pak kry nie.

Daar was reeds te­kens in Maart se wed­stryd teen die C­hee­tahs in Bloem­fon­tein dat die S­tor­mers nie so sterk as ver­le­de jaar staan nie. Hul­le het al goed ge­skrum van­jaar, maar be­sten­dig­heid ont­breek.

Hul af­rig­ter, Rob­bie F­leck, het toe­ge­gee dat die Bul­le se goeie werk in die vas­te fa­set­te en op die ver­de­di­ging die S­tor­mers in die stof laat byt het.

Be­hal­we die skrums het die Bul­le puik ge­vaar in die lyn­sta­ne, waar die S­tor­mers voor Sa­ter­dag teen mees­te teen­stan­ders die sep­ter ge­swaai het.

“Al­le eer aan die Bul­le vir die druk wat hul­le in die vas­te fa­set­te op ons ge­plaas het. Ons lyn­staan was on­der druk en hul­le het ’n paar straf­skop­pe by die skrums af­ge­dwing. Ge­volg­lik was daar nie ’n goeie grond­slag nie,” het F­leck ge­sê.

Die S­tor­mers moes dalk be­ter voor­be­reid ge­wees het op dit wat op hul­le ge­wag het, want die te­kens is vir ’n ge­rui­me tyd al daar dat die Bul­le al hoe be­ter raak in die vas­te fa­set­te.

Moont­lik het die S­tor­mers die be­seer­de los­kop­stut JC Jan­se van Rens­burg ge­mis.

Oli Keb­ble het die nr. 1-trui ge­dra en is ’n ge­re­ken­de spe­ler vir sy by­drae in al­ge­me­ne spel, eer­der as vir skrum­werk.

Keb­ble het swaar ge­leef teen die Bul­le se S­pring­bok-vas­kop­stut, Mar­cel van der Mer­we.

Ver­le­de jaar is Keb­ble meest­al as plaas­ver­van­ger op­ge­stuur in die plek van S­te­ven Kits­hoff, wat ’n leem­te ge­laat het toe hy Bor­deaux-Beg­les in Frank­ryk toe is.

In die lyn­sta­ne kan die S­tor­mers nie vir be­ter vra nie as ’n Bok-slot­paar soos E­ben Et­ze­beth en Pie­ter-S­te­ph du Toit nie, ter­wyl Ni­zaam Carr ook van­jaar met vrug daar aan­ge- wend word. Hul­le is Sa­ter­dag een­vou­dig uit­oor­lê.

Et­ze­beth het sy te­rug­keer van ’n be­se­ring ge­maak en sal waar­skyn­lik meer in­vloed­ryk wees in Sa­ter­dag se krag­me­ting met die C­hee­tahs op Nu­we­land.

Die druk gaan swaar op F­leck wees om vir Du Toit in lands­be­lang te laat rus, wat kan be­te­ken dat JD S­chic­ker­ling die lyn­sta­ne teen die C­hee­tahs roep.

On­danks hul te­kort­ko­min­ge was dit die S­tor­mers wat die mees­te van die speel­werk met die bal in die hand ge­doen het. Maar deur­kom­kans was min, met die Bul­le on­deur­dring­baar op die ver­de­di­ging.

“Die Bul­le het skit­te­rend ver­de­dig. Hul­le het ge­wel­dig hard vir me­kaar ge­werk.

“Ons het goed aan­ge­val om­dat ons aan be­sit kon vas­klou en hul­le on­der druk ge­plaas, maar die tuis­span se werk­ver- rig­ting was puik en ons het sta­di­ge be­sit by die af­breek­pun­te ge­kry,” het F­leck ge­sê.

Die S­tor­mers be­vind hul­le nie ’n kri­sis nie.

Met 32 het die Ka­pe­naars ewe veel liga­pun­te as die Bul­le, wat bo-aan die pun­te­lys is om­dat hul­le ’n wed­stryd meer ge­wen het.

Nie­te­min is die Ka­pe­naars on­der ys­li­ke druk om Sa­ter­dag teen die C­hee­tahs die skip weer op koers te kry.

Fo­to: GALLO IMAGES

Geen deur­kom­kans. . . Die S­tor­mers­stut Oli Keb­ble het ’n aand be­leef wat hy wil ver­geet teen die Bul­le op Lof­tus – met die bal in die hand én in die skrums.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.