Wa­wrin­ka ge­reed na­dat hy laat in Pa­rys ar­ri­veer

Beeld - - Sport -

Pa­rys. – S­tan Wa­wrin­ka het nog nooit so laat vir ’n Grand Slam op­ge­daag nie.

Máár, glo hy, die feit dat hy lan­ger in Gè­ne­ve aan­ge­bly het na­dat hy Sa­ter­dag ’n klei­baan­ti­tel daar ge­wen het, was goed vir sy voor­be­rei­ding voor­dat hy sal poog om sy Fran­se Ope­ti­tel te ver­de­dig.

“Dit is die eer­ste keer dat ek so laat ar­ri­veer, dis vir se­ker,” het Wa­wrin­ka, die der­de ge­keur­de, gis­ter ge­sê.

“Ek hoop nie dit gaan my mô­re (van­dag) pla nie. My self­ver­troue is goed, ek voel goed en fiks. My ten­nis is daar en ek is ge­reed om my eer­ste wed­stryd mô­re (van­dag) te speel.”

Wa­wrin­ka kom van­dag in die eer­ste ron­de teen die T­sjeg Lu­kas Ro­sol te staan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.