Tan­nie skiet boef

Beeld - - Front Page - – Han­ti Ot­to

’n In­bre­ker het gis­ter twee les­se ge­leer: Jy kar­ring nie aan ’n ge­wa­pen­de “ou­e­ri­ge” vrou se huis­deur nie en jy kan nie ver vlug met ’n koe­ël in die knie nie.

Die ver­dag­te het ’n bloed­spoor oor mu­re, hei­nings en dak­ke in Pro­kla­ma­sie­heu­wel, P­re­to­ri­aWes, ge­laat na­dat ’n 75-ja­ri­ge vrou hom met haar vuur­wa­pen ver­jaag het.

Die man het ver­moe­de­lik vroeg­mid­dag by die vrou se huis aan die ge­slo­te deur ge­vroe­tel.

Die vrou het hom ge­waar en die man na be­we­ring uit die huis uit ge­skiet.

’n Lid van die plaas­li­ke ge­meen­skaps­po­li­si­ë­rings­fo­rum (GPF) het hulp ont­bied toe die skoot klap en le­de van die vei­lig­heids­maat­skap­py U­bun­tu Se- cu­ri­ty het na Mer­cu­ry­straat ge­jaag.

In­tus­sen het die boef al hin­kend oor erf­mu­re be­gin vlug. So twee er­we van die plek waar hy ge­skiet is, het hy op ’n dak ge­klou­ter en daar pro­beer skuil.

Vol­gens U­bun­tu Se­cu­ri­ty het hy van die dak af­ge­val en op die gras­perk ge­land waar le­de van die vei­lig­heids­maat­skap­py hom ge­vind het.

Xan­der Loub­ser van Best Ca­re sê die man het steeds op die gras­perk ge­lê toe die am­bu­lans om­streeks 13:00 op­ge­daag het.

“Die koe­ël is dwars­deur die man se been, net bo sy knie. Die slag­aar in sy been is ook ge­tref. Hy is na die Kala­fong-hos­pi­taal gebring.”

Fo­to: U­BUN­TU SE­CU­RI­TY

Die ge­won­de ver­dag­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.