‘Hal­te skok my kind dood’

12­ja­ri­ge sterf waar krag­kas op­ge­rig is

Beeld - - Front Page - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

’n Krag­ka­bel wat glo na ’n bus­hal­te her­lei is om ’n re­kla­me­bord te be­lig, het ver­moe­de­lik daar­toe ge­lei dat ’n 12­ja­ri­ge mei­sie van Polokwane dood­ge­skok is.

Al­le krag­kas­te by bus­hal­tes is se­dert Mi­lis­wa Lux­an­de se dood af­ge­ska­kel, sê Mats­hi­diso Mot­ha­po, mu­ni­si­pa­le woordvoerder.

Mi­lis­wa se ou­ers is ge­bro­ke. Sy was hul e­nig­ste kind.

“Ek wil weet hoe so iets kon ge­beur,” sê maj. Vum­wuyi­si Lux­an­de, haar pa, van ’n weer­mag­ba­sis in Polokwane.

’n 12-ja­ri­ge mei­sie is dood­ge­skok by ’n bus­hal­te waar die Polokwane-mu­ni­si­pa­li­teit twee we­ke ge­le­de ’n e­lek­trie­se krag­kas op­ge­rig het.

Ver­skeie kin­ders het glo in dié tyd lig­ter skok­ke van staal­py­pe van die bus­hal­te ge­kry.

Al die krag­kas­te by bus­hal­tes is se­dert Mi­lis­wa Lux­an­de (12) se dood Don­der­dag af­ge­ska­kel, sê Mats­hi­diso Mot­ha­po, mu­ni­si­pa­le woordvoerder.

Mi­lis­wa se ou­ers is ge­bro­ke. Sy was hul e­nig­ste kind.

Maj. Vum­wuyi­si Lux­an­de van ’n weer­mag­ba­sis in Polokwane sê daar was brand­won­de aan sy dog­ter se lin­ker­hand.

“Ek het ge­sien hoe dok­ters haar pro­beer by­bring. Hul­le het al­les moont­lik ge­doen.”

Hy en Mi­lis­wa se ma, P­hoe­be, is in rou ge­dom­pel.

“Ek wil weet hoe so iets kon ge­beur,” sê hy.

Mi­lis­wa was ’n gr. 6-leer­ling aan die Pie­ters­burg Com­pre­hen­si­ve S­chool.

Sy het net ná 14:00 by die staal­bus­hal­te in Gro­bler­straat langs die skool se sport­ter­rein sit en wag op ’n bus huis toe.

Ru­di Fick, waar­ne­men­de skool­hoof, sê dit is nie dui­de­lik wat pre­sies ge­beur het nie.

Die mu­ni­si­pa­li­teit het ’n krag- ka­bel van die krag­kas na die bus­hal­te her­lei, glo om die ad­ver­ten­sie­bord aan die bus­hal­te te ver­lig.

“Sy het ver­moe­de­lik aan iets ge­raak waar­deur e­lek­tri­si­teit ge­lei is,” sê Fick.

Om­stan­ders is na die skool om hulp te ont­bied.

Fick sê hy en on­der­wy­sers het hul­le na die bus­hal­te ge­haas.

“Sy was be­wus­te­loos toe ons daar kom.

“’n On­der­wy­ser het met haar na die Me­di­cli­nic Lim­po­po ge­jaag.”

Van die leer­lin­ge sê hul­le is ook ge­skok toe hul­le aan die staal­py­pe by die bus­hal­te ge­raak het. “Ek het my ma ver­tel, maar nie die skool nie,” sê ’n seun wat nie sy naam wil gee nie.

Mot­ha­po sê on­der­soek word in­ge­stel.

“Weens die sen­si­tie­we aard van wat ge­beur het, kan ons nie na­de­re be­son­der­he­de be­kend maak nie.”

Lux­an­do sê vier mu­ni­si­pa­le amp­te­na­re het hom en sy vrou die na­week be­soek.

“Hul­le het ge­sê hul­le is jam­mer. Ek het aan hul­le ge­sê wat moet ‘jam­mer’ my help? My kind is dood.”

Vol­gens Lux­an­do het sy dog­ter twee we­ke ge­le­de ge­sê ’n seun is by die bus­hal­te ge­skok.

“Hoe­kom is daar nie toe al iets ge­doen aan die pro­bleem nie?”

Fick sê Mi­lis­wa was ’n skran­der leer­ling en een van die tien top­pres­teer­ders in haar klas­groep.

’n Ge­denk­diens vir haar word van­dag by die skool ge­hou.

Fo­to: MA­RIE­TIE LOUW­CAR­STENS

Die krag­kas by ’n bus­hal­te in Gro­bler­straat in Polokwane.

Mi­lis­wa is dood­ge­skok ter­wyl sy op ’n bus huis toe ge­wag het.

Mi­lis­wa Lux­an­de (12), ’n gr. 6leer­ling aan die Pie­ters­burg Com­pre­hen­si­ve S­chool in Polokwane, is Don­der­dag­mid­dag by ’n bus­hal­te dood­ge­skok.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.