‘Hul­le is ge­slaan, ge­skiet, ge­gooi, ge­skok, ge­brand’

Beeld - - Front Page - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

’N“Hei­li­ge” en ’n “ab­so­lu­te vrees” heers glo by die twee oud­ste kin­ders van S­prings se so­ge­naam­de gru­wel­huis wat van­dag teen hul ou­ers in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria gaan ge­tuig.

Die mei­sie (18) en seun (13) gaan van­dag in ca­me­ra per kring­te­le­vi­sie ge­tuig so­dat hul­le nie na hul ou­ers hoef te kyk nie.

Die pu­bliek sal nie in die hof kan sit en na die kin­ders se ge­tui­e­nis op die TV-skerm kan kyk nie.

Die kin­ders se ma en pa het gis­ter skuld ont­ken op ’n rits aan­klag­te ter­wyl hul­le so­wat 3 m uit­me­kaar ge­staan het.

Hul­le het hul vyf kin­ders na be­we­ring mis­han­del en ver­waar­loos.

Die pa, ’n lang en goed ge­bou­de man wat in aan­hou­ding is, het die oud­ste kind na be­we­ring ver­krag en sek­su­eel aan­ge­rand.

Hy het gis­ter ná die tee­pou­se in die be­skul­dig­de­bank uit Spreu­ke in die By­bel sit en lees.

Hy het hard­op en dui­de­lik skuld op 21 aan­klag­te ont­ken.

Die e­nig­ste aan­klag waar­op hy skuld be­ken het, is dat hy die po­li­sie ver­hin­der het in die uit­voe­ring van hul plig­te toe hul­le in Mei 2014 na ’n kind van die ge­sin ge­soek het.

Die ma, wat am­per on­hoor­baar sag op 20 aan­klag­te teen haar ge­pleit het, is glo dis­lek­sies en kan nie lees en skryf nie.

Sy is vroe­ër op borg­tog vry­ge­laat.

Die ou­ers word aan­ge­kla van po­ging tot moord op die 13-ja­ri­ge seun; po­ging tot regs­ver­y­de­ling; die ver­vaar­di­ging en be­sit van “skok­vuur­werk” waar­om spy­kers met mas­keer­band vas­ge­plak is; vyf aan­klag­te van kin­der­mis­han­de­ling; vyf aan­klag­te van kin­der­ver­waar­lo­sing; twee aan­klag­te van die oor­tre­ding van die S­ko­le­wet; dat hul­le por­no­gra­fie aan die oud­ste kind ge-

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.