‘Ap­pèl sal nie mak­lik slaag’

Grond­wet­ken­ner wys op bin­den­de uit­spra­ke

Beeld - - Nuus - Pauil van Wyk

Dit sal broek­skeur gaan om teen die uit­spraak in die spi­oe­na­sie­ban­de-hof­saak te ap­pel­leer, sê die grond­wet­ken­ner prof. Pierre de Vos.

Adv. S­haun A­bra­hams, hoof van die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag, en pres. Ja­cob Zu­ma het gis­ter aan­ge­kon­dig dat hul­le gaan ap­pel­leer teen ’n be­vin­ding van ’n vol­bank van die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria dat dit ir­ra­si­o­neel was om 783 aan­klag­te teen Zu­ma te­rug te trek.

A­bra­hams ig­no­reer be­gin­sels waar­oor die ap­pèl­hof reeds twee bin­den­de uit­spra­ke ge­le­wer het, het De Vos ge­sê.

De Vos het la­ter ge­twiet die kans dat die ap­pèl sal slaag, is net so goed soos dat hy ’n “Ba­fa­na Ba­fa­na-vleu­el word en die wen­doel in die vol­gen­de Wê­reld­be­ker­toer­nooi aan­te­ken”.

Do­ku­men­te is gis­ter by die hoog­ge­regs­hof in­ge­dien om aan­soek te doen om ver­lof tot ap­pèl.

“Ek meen dit is ’n saak waar­oor die ap­pèl­hof moet be­slis,” het A­bra­hams op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie ge­sê. Die pre­si­den­sie het la­ter ’n ver­kla­ring uit­ge­reik waar­in Zu­ma sê dat hy as der­de re­spon­dent óók ap­pel­leer.

De Vos het die NVG-do­ku­men­te be­stu­deer en meen dit sal moei­lik wees om suk­ses te be­haal. In die NVG se saak teen Zu­ma het die ap­pèl­hof in 2009 ge­sê as ’n saak met ’n “on­be­hoor­li­ke doel­wit” voor die hof gebring word, is dit nie nood­wen­dig ver­doe­mend vir die ver­vol­ging nie.

“Dit sal net ver­keerd wees as daar geen gron­de vir ver­vol­ging is nie,” het ’n vol­bank van vyf reg­ters des­tyds be­vind, want “die mo­tief vir die ver­vol­ging is ir­re­le­vant”.

Vol­gens De Vos kan­sel­leer dié uit­spraak reeds die eer­ste deel van die NVG se aan­soek.

Die t­wee­de deel van die aan­soek het be­trek­king op fei­te­be­vin­dings van die hof wat vol­gens die NVG ver­keerd was. “Die ap­pèl­hof is nie ge­neig om fei­te­be­vin­din­ge te her­roep nie. Ek dink nie die kans op suk­ses is goed nie.”

Adv. G­lyn­nis B­rey­ten­bach, voor­ma­li­ge aan­kla­er en nou DA-LP, stem met De Vos saam. Die vraag sou dan wees waar­om A­bra­hams wil ap­pel­leer, en die ant­woord is dat hy tyd wil wen, het sy ge­sê.

“Ek be­twy­fel dit sterk of e­ni­ge hof tot ’n an­der be­vin­ding sal kan kom. En as die NVG tot by die ap­pèl­hof vor­der, is ek oor­tuig daar­van dat die reg­ters hul­le uit­me­kaar sal trek. Daar sal bloed op die grond wees.”

Die hof het ge­sê Zu­ma moet pa staan vir die aan­klag­te in die klag­staat. A­bra­hams meen die hof het ge­fou­teer deur die be­gin­sel van die skei­ding van mag­te te skend.

Die hof het be­vind Mo­ko­te­di Mps­he, des­tyd­se NVG-hoof, het die me­rie­te van die saak nie be­hoor­lik oor­weeg toe hy die ver­vol­ging in A­pril 2009 laat vaar het nie.

Die pre­si­den­sie het gis­ter ge­sê die hof het ge­fou­teer deur te be­vind dat Mps­he aan on­be­hoor­li­ke druk on­der­wor­pe was en dus nie ge­noeg tyd ge­had het om be­hoor­lik oor die saak te be­sin nie.

Fo­to: SIPHI­WE SIBEKO, REU­TERS

Adv. S­haun A­bra­hams, NVG­hoof, en sy ad­junk, adv. Nom­g­co­bo Ji­ba, gis­ter op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie in P­re­to­ria.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.